Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Graad 1’s reg vir grootskool

Die nuwe skooljaar het aangebreek en die gr. 1-klasse in die Vrystaat is Woensdagoggend vol opgewonde kinders wat gereed is vir die grootskool.

Shaun-Stine Venter (6) van Bloemfontein is buite homself van opgewondenheid oor sy eerste dag in gr. 1 Woensdag. Hy begin sy skoolloopbaan by die Laerskool Bloemfontein.Foto: Mlungisi Louw

Een van die nuwelinge is Shaun-Stine Venter (6) van Hilton in Bloemfontein, wat so opgewonde is oor sy eerste skooldag by die Laerskool Bloemfontein dat hy Woensdag gesê het hy gaan die aand glad nie slaap nie.

“Ek gaan niks slaap nie en wil sommer al vroeg skool toe gaan.

“Ek is baie opgewonde om baie slim te word en krieket te speel,” sê Shaun-Stine terwyl sy swaar tas vol boeke van sy klein skouertjies gly.

Om ’n graad een toe te rus vir sy nuwe skoolloopbaan jaag ’n ouer ’n paar rand uit die sak. Dan is dit net vir die basiese skoolklere.

By Trio Supplies, wat al 15 jaar in Bloemfontein sake doen, en hul susterstak, Tunika, sal dit ’n ouer sowat R1 350 kos om vir ’n meisie die basiese skoolklere te koop, en vir ’n seuntjie R1 315.

Anita Venter, eienaar, sê waar ouers in die verlede altyd drie tot vier stelle nuwe klere vir hul kinders gekoop het, koop hulle nou eerder twee of selfs net een stel.

“Ek vind dat ouers verkies om vir die kinders een nuwe stel te koop en dan ’n tweede stel by die skool se klerebank.

“Die ekonomie speel beslis ’n rol in die ouers se aankope,” sê Venter.

Anton Klopper, direkteur by die skoolklere-afdeling van Kloppers in Bloemfontein, sê sedert verlede jaar is daar ’n 5%-styging in die prys van skoolklere.

By Kloppers kos dit ongeveer R1 700 om ’n meisie en R1 500 om ’n seun uit te rus. Dit sluit dan ’n skoolbaadjie, ’n trui en ’n das in.

Klopper sê ook ouers koop hul kinders se skoolklere al hoe meer by skole se klerebank.

Meer oor:  Leerling  |  Kinders  |  Gr. 1-Klasse  |  Eerste Skooldag  |  Gr.R-Klasse  |  Nuwelinge  |  Nuwe Skooljaar  |  Skoolklere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.