Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Gratis studie: ‘Daar ís wel genoeg geld’
Dr. Frans Cronjé

Finansiering vir arm studente is moontlik – dit is net ’n kwessie van prioriteite, sê die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV).

Dr. Frans Cronjé, hoof van die SAIRV, sê “dit is ’n mal situasie dat jy aan ’n arm kind in ’n land met massiewe werkloosheidsprobleme en ’n vaardigheidstekort sê om terug te gaan Transkei toe, ons kan jou nie (op universiteit) akkommodeer nie”.

Hy sê die staat bestee tans sowat R29 miljard aan subsidies vir universiteite, die besteding aan die nasionale finansiële hulp­skema vir studente (NSFAS) ­uitgesluit.

Daar is net minder as ’n miljoen studente aan universiteite, technikons of afstands­onderriginstellings soos Unisa.

As aanvaar word dat R100 000 per student benodig word vir klasgeld, boeke en verblyf, is R100 miljard nodig om almal te subsidieer.

“Die R100 000 is ’n hoër bedrag as die regering se skatting van R70 000 per student.”

Dit beteken dus ’n bykomende R71 miljard moet gekry word.

Dit is moontlik deur besnoeiings. Cronjé sê die staatsdiens het die afgelope sewe tot agt jaar met 25% gegroei.

“Dit kan met 20% verminder word. Die subsidie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens kan gestop word en daar kan aan verdediging besnoei word. Die geld is daar.

“Jy vat dit nie weg van welsyn of neem dit weg van dit wat ’n groter prioriteit is vir die land nie.”

As die verdedigingsbegroting besnoei word met 20%, gee dit sowat R9 miljard. ’n Besnoeiing in die staat se salarisrekening (met 10%) gaan R52 miljard beloop, terwyl ’n besnoeiing van subsidies aan semistaatsinstellings (30%) sowat R10 miljard beskikbaar gaan stel.

“Dit beloop R71 miljard, maar daar is verskillende begrotingspermutasies om dit te bereik.”

Die SAIRV stel voor die toelaes aan behoeftige studente as beurse beskikbaar gestel word.

Hulle betaal dit later lewenslank terug deur die hoër inkomstebelasting wat hulle betaal omdat hulle beter ­opgelei is.

“ ’n Klein persentasie van elke salaris word van daardie werk­nemer afgetrek vir die res van sy lewe.

“Dié geld word inbetaal in ’n beursfonds vir die volgende generasie studente.”

Die bedrae kan nog beter lyk indien die uitgawes vir NSFAS en diegene wat vir hul studie kan betaal (en moet), buite rekening gelaat word, sê Cronjé.

“Dis ’n kwessie van prioriteite vir die regering.”

Hy meen ’n verdere vraag is egter of die protesoptrede op kampusse werklik oor studiegeld gaan en of daar ’n breër agenda bestaan onder die minderheid onte­vredenes.

Meer oor:  Frans Cronjé  |  Klasgeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.