Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Grey-begroting: Departement probeer 3de keer

Drie keer is dalk skeepsreg vir die Vrystaatse onderwysdepartement wat vroeg in Maart vir ’n derde keer gaan probeer om die ouers van Grey-kollege (sekondêr) in Bloemfontein te oortuig om ’n begroting vir die skool goed te keur.

’n Oudleerling en ouer van ’n leerling in dié spogskool sê so iets het nog nooit voorheen gebeur met ’n begroting van die skool nie.

Die begroting van sowat R37 miljoen wat deur amptenare van die skool aan die ouers voorgelê is, is die eerste keer in November en toe weer einde Januarie verwerp.

Luidens ’n boodskap wat vandeesweek per WhatsApp aan ouers gestuur is, word die “derde begrotingsvergadering” van die skool op 2 Maart om 18:00 op die Grey-pawiljoen op die skoolterrein gehou.

’n Verhoging van 10% in koshuisgeld is reeds op die vergadering in November goedgekeur.

Of die verhoging van 12% in skoolgeld steeds deel van die jongste poging gaan wees, is nie bekend nie. Dit was een van die groot besware van ouers in die vorige twee vergaderings. Hulle kan dit eenvoudig nie bekostig nie, sê van hulle.

’n Verhoging van 10% in koshuisgeld is reeds op die vergadering in November goedgekeur.

Boonop kon al die vrae van ouers oor hoe die skoolgeld bestee gaan word, ook nie deur die amptenare van die departement beantwoord word nie.

Die nuwe begroting, waaroor in Maart gestem moet word, moet nou eers vir ’n tyd vir insae deur die ouers beskikbaar wees.

Intussen mag die skool ingevolge die Skolewet nie skoolgeld invorder of bestee nie, alvorens ’n begroting daarvoor goedgekeur is, het ’n kenner vroeër gesê.

* Die begroting, wat al die jare deur die beheerliggaam van die skool aangebied is, word nou deur die departement aangebied nadat die departement die beheerliggaam verlede jaar van sy besluitneming oor die skool se geldsake en verwante pligte gestroop het.

* Die departement van onderwys het sedert verlede Vrydag nog nie reageer op navrae nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.