Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Grey-hoof: Beheerraad kry pak slae in hof

Die beheerraad van Grey-kollege in Bloemfontein het hom ’n loesing op die lyf geloop toe die hooggeregshof in die stad sy besluit om die hoof van sy hoërskool van sekere van sy pligte te stroop, nietig verklaar het.

Waarnemende regter-president Cagney Musi het Donderdag ook gelas die beheerraad moet die regskoste van Deon Scheepers, die skoolhoof, en ook dié van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), wat tot die aansoek toegetree het, betaal.

Dié koste kan tussen R2 miljoen en R3 miljoen beloop, is vroeër berig.

Die hof het ook die beheerraad se aanstelling van Jurie Geldenhuys, hoof van die laerskool, as skoolbestuurder van die hoërskool om die pligte te verrig wat van Scheepers weggevat is, nietig verklaar.

Dié beslissing van Musi kom daarop neer dat Scheepers onmiddellik weer ten volle sy pligte as skoolhoof kan vervul, soos voor 15 Mei vanjaar toe van sy pligte op ’n vergadering van die beheerraad met ’n stemming van 14 teen drie van hom weggeneem is.

Van die sogenaamde beheerraadpligte wat deur die beheerraad van Scheepers weggeneem is, was die beheer van die geldsake van die skool, die bestuur van buitemuurse aktiwiteite soos sport en kultuur, die bestuur van die skoolterrein en koshuise en die bestuur van die personeel wanneer hulle nie-akademiese pligte verrig.

Scheepers mag hom net met die akademiese bestuur van die skool besig hou, het die beheerraad besluit.

Dié vergadering op 15 Mei is voorafgegaan deur ’n broeiende onmin van sowat 18 maande tussen Scheepers en van die beheerraadslede. Op die vergadering is gesê dat ’n vertrouensbreuk tussen die partye aanleiding tot die besluite gegee het.

Scheepers het hom tot die hooggeregshof gewend, wat nou sy aansoek toegestaan het.

Regter Corné van Zyl het Musi bygestaan.

Meer oor:  Deon Scheepers  |  Bloemfontein  |  Grey-Kollege  |  Beheerraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.