Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Grey-hoof na hof, sê beheerraad het ‘magte oorskry’

Deon Scheepers, hoof van Grey-kollege (Sekondêr) in Bloemfontein, sê hy het nie ’n billike kans gekry om homself te verdedig nie en die beheerraad van die skool het sy magte oorskry toe sy “beheerraadpligte” van hom af weggeneem is.

Aansoekstukke waarin Scheepers vra dat die besluite van die beheerraad op ’n vergadering op 15 Mei hersien en tersyde gestel word, is Woensdagmiddag by die hooggeregshof in Bloemfontein ingedien.

Op dié vergadering is besluit om die sogenaamde beheerraadpligte van hom weg af weg te neem en dat Jurie Geldenhuys, hoof van Grey-kollege Primêr, as oorhoofse skoolbestuurder aangestel word.

Scheepers sê in ’n hofverklaring die beheerraad het onregmatig opgetree en het nie die bevoegdheid om sy pligte van hom af weg te neem en dit aan iemand anders oor te dra nie. Hy sê in die vergadering van die beheerraad het hy ook nie ’n behoorlike kans gekry om homself te verdedig nie.

Luidens die hofstukke het die beheerraad Scheepers van sekere pligte onthef omdat daar ’n vertrouensbreuk tussen hom en die beheerraad is. Hy sal as amptenaar van die Vrystaatse onderwysdepartement aanbly as skoolhoof met aanspreeklikheid vir die akademie van die skool.

Scheepers vra dat dié aansoek vroeg in volgende maand aangehoor word.

Adv. Kemp J. Kemp, een van die land se topadvokate, bygestaan deur adv. Willem van Aswegen, sal in opdrag van Hannes Peyper van Peyper-prokureurs die aansoek namens Scheepers bring.

Meer oor:  Grey  |  Skool  |  Deon Scheepers  |  Jurie Geldenhuys  |  Bloemfontein  |  Beheerraad  |  Skoolhoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.