Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Grey kies in Desember nuwe lede vir beheerliggaam

Grey-kollege in Bloemfontein gaan in Desember ’n tussenverkiesing hou om drie nuwe lede vir sy beheerliggaam (BL) te verkies.

Tsoarelo Malakoane, onderwyshoof van die Vrystaat, het die tussenverkiesing wat op 16 November sou plaasvind, verbied omdat dit nie aan die vereistes voldoen het nie en met die eksamen sou inmeng.

Die tussenverkiesing sal op 7 Desember van 07:00 tot 10:00 in Grey se Eeufeessaal gehou word nadat ’n vergadering oor die nominasies gehou is, het dié skool in ’n verklaring gesê.

Nominasies moet teen 6 Desember voor 14:00 by Deon Scheepers, hoof van die hoërskool, en Jurie Geldenhuys, hoof van Grey-primêr, ingedien word.

Die tussenverkiesing is gereël nadat drie lede van die BL, Philip Piek, ondervoorsitter, dr. Katie Yazbek en Ryan McLaren, ’n voormalige Protea-krieketspeler, bedank het toe dit bekend geword het dat die BL teen ’n beslissing van die hooggeregshof in Bloemfontein wil appelleer.

’n Maande lange twis tussen Scheepers en lede van die BL is op 15 Mei op die spits gedryf toe die BL besluit het om Scheepers se pligte tot die akademiese sy van die skool te beperk.

Scheepers het ’n geslaagde aansoek tot die hooggeregshof gerig om dié besluit tersyde te stel.

Die uitspraak in die BL se aansoek om verlof om na die appèlhof te appelleer, is in die Vrystaatse hooggeregshof voorbehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.