Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Grey-kollege: Departement dreig Jurie met tugstappe

Die Vrystaatse onderwysdepartement dreig die hoof van Grey-kollege (primêr) in Bloemfontein, Jurie Geldenhuys, nou met moontlike tugstappe oor die werk wat hy as skoolbestuurder by die hoërskool verrig.

Dit volg nadat die beheerraad vroeër vandeesmaand die hoof van Grey-kollege (sekondêr), Deon Scheepers, van sy sogenaamde beheerraadspligte gestroop en dié pligte tydelik aan Geldenhuys oorgedra het.

’n Gedeelte uit die brief wat die Vrystaatse onderwysdepartement aan Jurie Geldenhuys gestuur het.

Uit ’n brief aan Geldenhuys laat blyk adv. Tsoarelo Malakoane, onderwyshoof van die Vrystaat, duidelik dat die departement nie geneë is dat hy dié rol nou ook moet vervul nie.

Malakoane sê Geldenhuys het die departement nie ingelig oor die “nuwe rol” wat hy by die hoërskool vervul nie en hy is ook nie deur die departement gemagtig om dit te doen nie.

“Neem kennis dat die departement dit in ’n ernstige lig en strydig met jou werkkontrak beskou, en dat dit die skool en die departement in ’n slegte lig stel.”

Malakoane gee hom vyf werkdae (tot Vrydag) om sy nuwe rol aan die departement te verduidelik en redes te gee oor hoekom tugstappe nie teen hom oorweeg moet word nie.

Jurie Geldenhuys

Hy moet sy skriftelike voorlegging direk aan Malakoane stuur, lui die brief wat per hand by Grey afgelewer is.

Henry Buchner, voorsitter van die beheerraad van Grey, wou geen kommentaar lewer nie.

Geldenhuys het op skriftelike navrae gesê: “Ek kan nie in hierdie stadium enige kommentaar lewer nie, aangesien dit sub judice is.”

Al wat Howard Ndaba, woordvoerder van die onderwysdepartement, gesê het, is: “Dit is ’n aangeleentheid tussen die werkgewer en werknemer.”

* Scheepers het in die hooggeregshof in Bloemfontein aansoek gedoen dat die hof die besluit van die beheerraad om hom van sekere pligte te onthef, tersyde stel. Luidens die beheerraad se besluit bly hy aan as skoolhoof, maar is hy net vir die akademie aanspreeklik.

In dié aansoek is ook ’n brief van Malakoane aan die beheerraad ingesluit waarin hy vra dat die beheerraad sy besluit moet hersien en ophef.

Malakoane wys daarop dat die pligte wat die onderwysdepartement aan ’n skoolhoof opdra, baie wyer is as net die akademie van die skool.

Scheepers se aansoek sal waarskynlik volgende week aangehoor word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.