Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Grey-raad vra LUR moet ingryp oor geldsake

Die beheerliggaam van Grey-kollege in Bloemfontein het hom nou tot die LUR vir onderwys in die Vrystaat gewend nadat die onderwyshoof in die provinsie die beheerliggaam se magte om besluite oor die geldsake van die skool te neem, opgeskort het.

Henry Buchner

Dié skriftelike appèl na die LUR is ’n laaste poging om ’n hofaansoek in die Vrystaatse hooggeregshof te probeer vermy, sê Marius van Rensburg, die beheerliggaam se prokureur.

Henry Büchner, voorsitter van Grey se beheerliggaam, sê in ’n brief wat Woensdagmiddag aan ouers gestuur is, amptelike versoeke is aan die LUR en die onderwyshoof gerig om in belang van die skool dadelik die eensydige besluit terug te trek.

“Die beheerliggaam is uiters teleurgesteld oor die huidige toedrag van sake en die ondeurdagte wyse waarop hierdie besluit geneem is.”

Hy sê indien dit onafwendbaar is dat die beheerliggaam hom tot die hof moet wend, sal die koste daarvan privaat gefinansier word en nie uit skoolbronne nie.

Hy sê die besluit van die onderwyshoof is op valse en kwaadwillige bewerings gegrond.

“Ons wil u verseker dat hierdie bewerings onwaar en ongegrond is en ons neem ten sterkste aanstoot.”

Hy verseker die ouers dat daar geen ongerymdhede in die hoër- en laerskool se geldsake is nie.

“Die ongekwalifiseerde ouditverslae oor die laaste paar jaar is bewys hiervan.”

Marius van Rensburg

* Na verneem word, het die onderwysdepartement intussen die besluitneming oor geldsake aan die twee skoolhoofde van die hoër- en laerskool oorgedra en twee senior amptenare van die departement aangewys om hulle by te staan as hulle probleme ondervind.

Die skoolhoofde is gemagtig om enige betalings waarvoor begroot is, te maak. Hulle kan ook betalings maak tot R20 000 vir goed waarvoor nie begroot is nie.

Alle onderwysers in beheerliggaamposte sal dus aan die einde van die maand hul salarisse ontvang en albei die skole kan soos normaal voortgaan.

* Dié besluit van Tsoarelo Malakoane, die onderwyshoof,

volg nadat die hoof van die hoërskool, Deon Scheepers, twee maande gelede ’n klag ingedien het oor beweerde wanadministrasie en -bestuur van skoolgeld.

Die klag het verband gehou met R1,5 miljoen se regskoste wat die beheerliggaam uit die hoërskool se rekening betaal het.

Scheepers is glo as verantwoordbare amptenaar aan die

onderwysdepartement ook nie daarin geken nie.

Meer oor:  Grey  |  Bloemfontein  |  Skole  |  Beheerliggaam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.