Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Grey se nuwe skool-bestuurder se pligte
Jurie Geldenhuys

Die bestuur van Grey-kollege se etos, missie, waardes en geesbou binne skoolverband, asook dissipline is van die pligte wat die beheerraad toevertrou aan Jurie Geldenhuys, wat die beheerraad as tussentydse skoolbestuurder aangestel het.

Die beheerraad het in ’n ongekende stap die skoolhoof van Grey Sekondêr in Bloemfontein, Deon Scheepers, weens ’n vertrouensbreuk van sy beheerraadspligte onthef.

Geldenhuys, hoof van Grey Primêr, is as tydelike skoolbestuurder deur die beheerraad aangestel totdat ’n langtermynoplossing gevind word, word Grey-ouers in ’n omsendbrief deur die beheerraad verwittig.

Scheepers gaan as werknemer van die Vrystaatse onderwysdepartement voort met sy professionele pligte as skoolhoof, beperk tot slegs die bevoegdhede wat ingevolge die Skolewet aan hom toegewys is, lui die omsendbrief wat deur Henry Bücher, voorsitter, namens die beheerraad uitgereik is.

“Hierdie besluit is nie ligtelik geneem nie, maar ons kan u verseker dat ons uitsluitlik in die beste belang van elke seun, onderwyser en oud-Grey opgetree het,” sê Büchner.

Luidens die omsendbrief aanvaar Geldenhuys ook aanspreeklikheid vir die volgende:

  • Die bestuur van die skool se finansies tot die mate waartoe verpligtinge nie uitdruklik deur wetgewing aan die skoolhoof oorgedra is nie.
  • Die bestuur van die buitekurrikulêre program, soos sport en kultuur.
  • Die bestuur van die terrein en bates, insluitende die koshuise.
  • Die bestuur van personeel se nieakademiese werksaamhede.
  • Die bestuur van interne en eksterne kommunikasie en skakeling.
  • Die verteenwoordiging van die skool by alle nieakademiese forums, soos die reünie.
  • Die bestuur van die skool se etos, missie, waardes en geesbou binne skoolverband, en
  • Die bestuur van dissipline.
Meer oor:  Grey-Kollege  |  Deon Scheepers  |  Jurie Geldenhuys  |  Bloemfontein  |  Afdanking  |  Skoolhoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.