Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Grey-twis: Geldenhuys skok met aankondiging

Die gevegslinies word nou duideliker in die komende hoftwis tussen die skoolhoof van Grey-kollege (sekondêr) in Bloemfontein en sy beheerraad toe die hoof van die laerskool sy skokbedanking as lid van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) aangekondig het.

Paul Sauer, voorsitter van die SAOU in die Vrystaat, het Dinsdag gesê Jurie Geldenhuys se bedanking is vir hom ’n skok. Hy het gedink Geldenhuys se probleme was opgelos nadat hulle gepraat het.

Jurie Geldenhuys

Geldenhuys beskuldig die SAOU in sy bedankingsbrief van vertrouensbreuk omdat die SAOU aansoek doen om as party en ter ondersteuning van die skoolhoof van Grey (sekondêr), Deon Scheepers, in Scheepers se aansoek in die Vrystaatse hooggeregshof teen die beheerraad van Grey toe te tree.

Daarteenoor het niemand van die SAOU hom (Geldenhuys) hulp aangebied toe die Vrystaatse onderwysdepartement hom met tugstappe gedreig het omdat die beheerraad hom as skoolbestuurder in die hoërskool aangestel het nie.

Maar vir Scheepers het Reniél Lodewyk, Vrystaatse sekretaris van die SAOU, hulp aangebied die dag nadat die Grey-beheerraad hom van sekere van sy bestuurspligte ontneem het.

“Dit is vir my, en ek glo ook vir van die personeel wat lede van u vakbond is, onaanvaarbaar dat u nie ons belange op die hart dra nie, maar slegs een lid bystaan,” skryf Geldenhuys in sy bedankingsbrief aan die SAOU.

Hy sê Sauer en Lodewyk het aan hom en sowat 40 personeellede van Grey gesê dat die SAOU net as vriend van die hof by Scheepers se aansoek wil toetree.

Nou wil hulle as party teen die besluit van die Grey-beheerraad oor Scheepers toetree. “Hier het dus ’n vertrouensbreuk plaasgevind.”

Hy sê die onderderwysdepartement en die SAOU het ná 18 maande nog nie op sommige van die Grey-personeel se griewe gereageer nie, daarom het die beheerraad ingegryp. Die “geviktimiseerde” personeel voel dat die beheerraad ten minste in hul belang optree.

Hy meen die SAOU as vakbond het sy lede versaak. Hy is dus genoodsaak om alternatiewe te oorweeg.

Sauer sê dit is Geldenhuys se reg om te bedank as hy meen die SAOU het hom en ander lede versaak.

Hy meen egter steeds die SAOU het die regte besluit geneem om tot Scheepers se aansoek te wil toetree.

Die SAOU het reeds jare lank ’n goeie rekord van diens aan sy lede, het hy gesê.

  • Scheepers se aansoek om die beheerraad se besluite op 15 Mei, om van sy pligte weg te vat, te hersien en tersyde te stel, word op 20 Augustus deur twee senior regters in die hooggeregshof aangehoor. Die beheerraad staan die SAOU se aansoek teen.
Meer oor:  Grey Kollege Sekondêr  |  Jurie Geldenhuys  |  Deon Scheepers  |  Hof  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.