Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
'Grootste hervorming' van onderwys in Wes-Kaap goedgekeur

Die Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Skoolonderwys is Donderdag ondanks teenkanting van die opposisie in die provinsiale wetgewer aanvaar.

Debbie Schäfer, LUR vir onderwys, sê dit kom neer op die grootste hervorming van openbare onderwys in die provinsie sedert 1994.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys.Foto: Deon Raath

Die wetsontwerp beoog om “vooruitstrewendheid in onderwys vir elke kind” te bied.

Lede van die opposisie het opnuut hul teenkanting uitgespreek teen die wetsontwerp, veral omdat dit meebring dat alkohol ná skoolure op geleenthede verkoop kan word, waar dit voorheen die goedkeuring van die provinsiale drankraad vereis het.

Ingevolge die wetsontwerp sal skole by die departement aansoek kan doen om drank op spesiale geleenthede te verkoop. Dit word voorgehou as ’n bykomende inkomstebron vir skole en die regulering van praktyke wat reeds by skole plaasvind.

Die wetsontwerp is die middag in ’n parlementêre sitting van die wetgewer aanvaar nadat slegs DA-wetgewerlede daarvoor gestem het.

Schäfer sê die voorgestelde wetgewing fokus grootliks daarop om ’n owerheid vir die evaluering van skole te stig; om spesifiek voorsiening te maak vir samewerkende skole en skole wat deur skenkers gefinansier word; en die skep van geriewe vir leerlinge wat aan ernstige wangedrag skuldig bevind is as ’n alternatief vir skorsing.

“Dit is noodsaaklik dat elke kind die beste onderrig moontlik ontvang, anders ly hulle vir die res van hul lewe daaronder.”

Schäfer het haar blydskap uitgespreek dat die wetgewer die wetsontwerp ná meer as twee jaar aanvaar het.

“As die Wes-Kaapse regering het ons verantwoordbaarheid, deursigtigheid en vernuwing as belangrike kenmerke uitgewys en dié wetsontwerp voldoen aan dit alles.”

Die wetsontwerp gaan ’n tweede keer in die wetgewer voorgelees en aanvaar moet word, deur die premier goedgekeur word en dan as wetgewing gepubliseer word.

Regulasies in verband met die wetsontwerp sal nou vir kommentaar van die publiek gepubliseer word.

Meer oor:  Debbie Schäfer  |  Wes-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.