Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Handvol Kaapse ouers eis dat skole sluit

Ouers van leerlinge aan die Windermere Primary School in Kensington, Kaapstad, wil hê die skool moet sluit nadat vyf onderwysers glo positief vir die koronavirus getoets is.

Hulle het Maandag by die skool betoog en eis dat die skool eers heropen as die winter verby is.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, sê egter daar is geen positiewe gevalle by die Windermere Primary School nie. Alle onderwysers is volgens haar by die skool teenwoordig.

Ouers betoog Maandagoggend buite die Windermere Primary School in Kensington, Kaapstad.Foto: Jaco Marais

Mainoe Parker, woordvoerder van betogende ouers, sê “dit is ’n risiko vir ons kinders om skool toe te gaan. Die gesondheid van ons kinders en onderwysers moet ’n prioriteit wees. Ek het ’n kind wat ’n leerling by die skool is, net soos die ander ouers wat deelneem aan die betoging, en die gesondheid van ons kinders is vir ons belangrik.”

Die betoging het Maandagoggend omstreeks 07:30 by die skool begin.

Parker sê hulle eis nie net dat Windermere sluit nie, maar alle skole in die Kensington-gebied.

Volgens Parker het sowat 100 ouers aan die betoging deelgeneem.

Parker sê almal is moeg daarvan om elke dag bekommerd te wees oor of hul kind veilig by die skool is.

Volgens ’n woordvoerder van die betogende ouers het sowat 100 ouers aan die betoging buite die Windermere Primary School deelgeneem. Foto: Jaco Marais

Paul McAvoy, hoof van die nabygeleë Factreton Primary School, sê die gemeenskap van Kensington druk net hul ontevredenheid uit oor wat besig is om te gebeur.

“Die getal infeksies by skole neem toe. Nie net in die skole nie, maar dwarsoor die provinsies. Die protesoptrede beeld net die ontevredenheid van ouers uit. Die ouers is besorg oor die gesondheid van leerlinge.”

McAvoy sê as skoolhoof moet hy die belange van leerlinge eerste stel, en daarom is hy ten gunste van die betoging.

“Skool is belangrik vir die opvoeding van kinders, maar om dit ten koste van hul gesondheid te wil doen, is nie reg nie. Die winterseisoen bemoeilik die situasie.”

McAvoy sê hy verkies ook dat skole gesluit bly, minstens totdat die winter verby is. “Ek is regtig besorg oor die welstand van leerlinge. Ek sien hoe hulle elke oggend buite in ’n tou die koue moet trotseer terwyl hulle wag om deur die siftingsproses te gaan voordat hulle die skoolgronde kan betree, en dit is nie lekker nie.”

Volgens McAvoy is twee onderwysers by Factreton positief vir die koronavirus getoets, waarvan een reeds herstel het en die ander besig is om te herstel. Nog vier onderwysers is in isolasie.

Meer oor:  Kaapstad  |  Skole  |  Ouers  |  Handvol  |  Sluit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.