Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Hendrik Verwoerd volgende op lys – Lesufi

Met die ou “apartheidsvlag” weg, is die naam van die vader van apartheid, Hendrik Verwoerd, volgende op die lys wat van skole verwyder moet word.

Só het Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, Woensdag getwiet toe hy ’n video deel wat wys hoe die Hoërskool Hendrik Verwoerd in Pretoria se naam van die muur geskraap word.

Dié skool se nuwe naam is nou die Rietondale Secondary School.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. Foto: Gallo Images

Die onderwysdepartement het Donderdag in ’n verklaring gesê hy streef daarna om ’n omvattende strategie te skep wat samehorigheid in skole bevorder.

“Hiermee wil ons kwessies aanpak wat dalk samehorigheid kan belemmer en ’n negatiewe impak op ’n leerling se prestasie tot gevolg kan hê,” lui die verklaring.

Alle skole wat ’n naam of simbool van die apartheidsera dra, verkleinerende name of name wat mense uitsluit, is volgende op die lys.

Nie almal verwelkom dié verandering nie.

’n Oudleerling wat anoniem wou bly, sê dit is die einde van ’n era.

Ons is nooit enige apartheid of nalatenskap van Verwoerd geleer nie.

“Ons is nooit enige apartheid of nalatenskap van Verwoerd geleer nie. Behalwe die naam moes foto’s van oudhoofde ook afgehaal word. Ons skool word afgebreek.”

Sonja-Liezel Theron, ’n oudleerling, meen Lesufi bevorder nie eendrag nie.

“Ons werk so verskriklik hard aan versoening en ek sidder om te dink wat sy verdelende propaganda aan mense doen en wat dit die belastingbetalers kos.

“Dis geld wat beter aangewend kon word om onderwys en opheffing te befonds,” sê Theron.

Olga Veldsman, voorsitter van die skool se beheerliggaam, sê die naamsverandering is ’n belangrike gebeurtenis vir die skool en die gemeenskap.

“Die naamsverandering was die skool se idee en dié transformasie is belangrik vir die skool.

“Hoewel die naam reeds verander het, is die amptelike onthulling van die nuwe naam Vrydag en ons is baie opgewonde hieroor.

“In 2016 het die skool reeds aangedui hy wil die naam verander en ons is bly die proses is nou finaal afgehandel,” sê Veldsman.

Meer oor:  Rietondale  |  Pretoria  |  Skole  |  Ou Vlag  |  Hendrik Verwoerd  |  Apartheid  |  Naamsverandering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.