Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Heropening van skole verloop glad in VS’

Die Vrystaatse skoolklokke het volgens onderwysrolspelers sonder probleme vir die aanbreek van die derde kwartaal gelui.

Die provinsiale onderwysdepartement sê die heropening Maandag het glad verloop en daar is nog niks kommerwekkends aangemeld nie.

Howard Ndaba, woordvoerder van die departement, sê hy sal in ’n later stadium verslae ontvang oor hoeveel leerlinge teruggekeer het.

Daar is volgens Ndaba se syfers tydens die sektor se entstofprogram 31 394 Vrystaatse onderwyspersoneellede ingeënt.

Reniël Lodewyk, Vrystaatse sekretaris van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), sê dit gaan so ver goed by die skole en die unie is dankbaar dat skole kon begin. Die SAOU is ook bly die land is van die vlak 4-inperking na vlak 3 geskuif.

Hy sê kinders gaan nou effens meer geleentheid kry om by die skool te wees, met die laerskoolleerlinge wat teen 2 Augustus voltyds na die klaskamers terugkeer.

Volgens dr. Jaco Deacon, waarnemende uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), is aanstaande week skole se grootste bekommernis, met sommige laerskole wat nog onseker is oor hoe om al die leerlinge binne die maatreëls te huisves.

Deacon sê volgens Fedsas se opname onder sy ledeskole, was daar nie haakplekke met die heropening nie.

Hy is dankbaar vir die hoë persentasie mense wat in die sektor ingeënt is, maar doen steeds ’n beroep op mense wat dit nog nie gedoen het nie, om vir inentings te gaan.

“Ons standpunt is: As jy gekies het om ’n onderwyser te wees, het jy gekies om in openbare skole met ander mense se kinders te werk. En daarom rus daar ’n groter morele verantwoordelikheid op jou om ook te kies om dit vir die kinders en jou kollegas veilig te maak.”

Meer oor:  Reniël Lodewyk  |  Saou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.