Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Heunis: ‘Meerderheid wil Afrikaans gelyk hê by Maties’
Adv. Jan Heunis SC. Foto: Eikestadnuus

Botsende belange? Watter botsende belange?

So het adv. Jan Heunis SC, president van die konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US), gereageer oor sy betrokkenheid by die nuwe drukgroep wat as Gelyke Kanse bekendstaan.

Gelyke Kanse, wat hom toespits op die behoud van Afrikaans, is Dinsdag onder leiding van die digter Breyten Breytenbach bekend gestel. Die groep is deur verskeie prominente Afrikaanse figure gestig wat meen ’n vaste, volwaardige en volhoubare aanbod in Afrikaans aan die US is “ononderhandelbaar”.

Die stigterslede sluit in, benewens Breytenbach en Heunis, die geskiedkundige prof. Herman Giliomee, prof. Flip Smit, oudrektor van die Universiteit van Pretoria, prof. Christo Viljoen, die vorige president van die US-konvokasie, die skrywer Braam de Vries, en Ebbe Dommisse, oudredakteur van Die Burger.

Heunis, wat ook in die US-raad dien, sê hy meen hy is juis verkies as konvokasie-voorsitter omdat sy standpunt oor Afrikaans nog altyd in die openbaar is.

“Daar sal natuurlik konvokasielede wees wat met die rektor se taalbeleid saamstem. Ek is egter oortuig daarvan dat verreweg die oorgrote meerderheid lede van die konvokasie ’n gelykwaardige rol vir Afrikaans wil sien.

“ ’n Groot meerderheid het my verkies, welwetend wat my standpunt is – dat daar gelykberegtiging tussen Afrikaans en Engels as onderrigtale moet wees. Die konvokasie het hom ook al in die verlede daaroor uitgespreek. Ek is juis deur die konvokasie as president verkies en, meer onlangs, as raadslid, omdat ek hierdie standpunt teenoor Afrikaans inneem.

“Ek tree dus op ooreenkomstig standpunte wat die konvokasie self ingeneem het en oefen my mandaat uit wanneer ek my vereenselwig met ’n inisiatief wat Afrikaans as ’n volwaardige taal van onderrig aan die US gevestig en behoue wil sien.”

George Steyn, voorsitter van die US-raad, het gesê hy kan nie kommentaar lewer oor Heunis nie.

Die raad vergadering weer op 9 Mei waar die kwessie bespreek sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.