Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Hier is matrikulant-kompetisie se finaliste

Die matrikulante wat hulle vir vanjaar se Matrikulant van die Jaar-kompetisie ingeskryf het, kan vandag uiteindelik sien wie die 25 finaliste is.

Uit dié 25 finaliste is 14 topfinaliste gekeur wat tydens die Matrikulant van die Jaar-naweek aan die eindronde gaan deelneem om die wenner te bepaal. Dié naweek is van Vrydag 28 September tot Sondagoggend 30 September.

Elkeen van die inskrywings wat ontvang is, is volgens ’n vasgestelde kriteria in besonderhede beoordeel. Volgens Mazars, die ouditeursmaatskappy wat aan die stuur van die beoordeling is, het akademiese uitslae, betrokkenheid by kultuuraktiwiteite, deelname aan sport en leierskap onder meer tot elke finalis se punte bygedra. Bonuspunte is ook vir uitsonderlike prestasies en gemeenskapsbetrokkenheid gegee.

Die finaliste moet ook van volgende jaar af by die Universiteit van die Vrystaat (UV) wil studeer en keuring vir hul beoogde kursusse gekry het.

Volgens inligting wat deur Mazars verskaf is, was daar inskrywings uit elk van die nege provinsies, met die meeste uit die Vrystaat, en die naasmeeste uit die Oos-Kaap.

Medies is die studierigting wat die meeste aangedui is, met ’n BA-graad die tweede meeste en arbeidsterapie en ’n BSc-graad gesamentlik in die derde plek. Studierigtings in argitektuur en rekeningkunde is ook gewild.

Bykans ewe veel seuns as meisies het ingeskryf. Ons noem doelbewus nie getalle nie.

Die Hoërskool Brebner in Bloemfontein het die meeste inskrywings opgelewer, en heelwat inskrywings is ook van die Hoërskool Ficksburg, Eunice High School en die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem ontvang.

Matrikulante van oor die land heen kon vir dié kompetisie, wat sedert 1981 deur Volksblad en die UV aangebied word, inskryf.

Soos vorige jare, is pryse ter waarde van duisende rande vir die wenner en die finaliste op die spel.

Die wenner se pryse is ’n oorsese reis vir twee geskenk deur XL Astra Travel, prysgeld van R10 000 van die borge, Kovsie Alumni-trust, Mazars, Absa en Pick n Pay Hypermarket, ’n R12 000-studiebeurs van UV-bemarking, en geskenke en die Matrikulant van die Jaar-naweek met ’n waarde van R8 000.

Die 13 ander topfinaliste kry elk R10 000 van die borge Kovsie Alumni-trust, Mazars, Absa en Pick n Pay Hypermarket, ’n studiebeurs van R7 500 van UV-bemarking, en geskenke en die naweek met ’n waarde van R8 000.

Twee spesiale pryse van R5 000 elk, geborg deur Kovsie Alumni-trust, word aan die beste presteerder in sport en die beste presteerder in kultuur toegeken. ’n Vonkelpersoonlikheid word ook tydens die naweek aangewys.

Die 11 semifinaliste, wat nie as topfinaliste aangewys is nie, ontvang elk R3 000-prysgeld van Kovsie Alumni-trust en ’n studiebeurs van R3 500 van UV-bemarking.

Alle beurse en prysgeld word in 2019 direk in die student se Absa-rekening inbetaal sodra die student aan die UV geregistreer is.

Hier is die finaliste:

Kian Terwin, Beaconhurst School, Oos-Londen, seun van Richard en Lee-ann Terwin van Oos-Londen.
Luvuyou Jacobs, Hoërskool Brebner, Bloemfontein, seun van Jabulani en Caroline Serotho van Bloemfontein.
Anandi Greyling, Hoërskool Driehoek, Vanderbijlpark, dogter van Jan en Teresa Greyling van Vanderbijlpark.
Mpine Hlapane, Hoërskool Brebner, Bloemfontein, dogter van Rampine en Tshedi Hlapane van Bloemfontein.
Quelene de Jager, Hoërskool Voortrekker, Bethlehem, dogter van Theuns en Marlene de Jager van Bethlehem.
Leané Lessing, Hoërskool Voortrekker, Bethlehem, dogter van Sakkie en Suzanne Lessing van Bethlehem.
Miké Hechter, Hoërskool Kirkwood, dogter van Diederick Hechter en Lizel Swart van Kirkwood.
De Wet Gerber, Hoërskool Vrede, seun van dr. Riaan en Gretchen Gerber van Vrede.
Michael du Raan, Gill-kollege, Somerset-Oos, seun van ds. Chris en Lizl du Raan van Somerset-Oos.
E Lee, Eunice High School, Bloemfontein, dogter van Hui-Ming en Gou-Rong Lee van Kaapstad.
Janda Bornman, Oranje Meisieskool, Bloemfontein, dogter van Japie en Amanda Bornman van Bultfontein.
Thandeka Moiloa, Kopanong Secondary School, Bloemfontein. Haar voog is Dikeledi Portia Mohapi van Bloemfontein.
Corné Pretorius, Hoërskool Reitz, seun van dr. Marius en Annedene Pretorius van Reitz.
Thandeka Moiloa, Kopanong Secondary School, Bloemfontein. Haar voog is Dikeledi Portia Mohapi van Bloemfontein.
Lu-Zahn Jansen van Rensburg, Hoërskool Sentraal, Bloemfontein, dogter van Hardus en Liezl Jansen van Rensburg van Bloemfontein.
Sonél Beukes, Hoërskool Kathu, dogter van Manie en Léandri Beukes van Kathu.
Ilse Coetzee, Eunice High School, Bloemfontein, dogter van prof. Marius en Alieske Coetzee van Bloemfontein.
Bianca Retief, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein, dogter van Danie en Helena Retief van Bloemfontein.
Ans-cilé du Plessis, Goudveld-Hoërskool, Welkom, dogter van Albé en Cizelle du Plessis van Welkom.
Xia Venter, Hoërskool Bultfontein, dogter van wyle Wynand en Hannelie Venter van Bultfontein
Ester de Kock, Hoërskool Sannieshof, dogter van Lourens en Kelly de Kock van Sannieshof.
Anél Kleingeld, Eunice High School, Bloemfontein, dogter van dr. Disie en Petro Kleingeld van Trompsburg.
Mudassir Ali Sayed, Hoërskool Ficksburg, seun van Asif Ali en Wahida Sayed van Ficksburg.
Ruan Schoeman, Hoërskool Ficksburg, seun van André en Eldorette Schoeman van Ficksburg.
Martelize Kruger, Die Brandwag Hoërskool, Uitenhage, dogter van Willie en Shelaine Kruger van Uitenhage.
Mari Ferreira, Hoërskool Hoopstad, dogter van Pieter en Koba Ferreira van Hoopstad.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.