Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Hillcrest-skool baken van hoop, uitnemendheid

Die klank van geweerskote wat feitlik daagliks in die bendegeteisterde Helenvale, Port Elizabeth, klap, is Vrydag vir ’n wyle vervang met die handeklap van trotse ouers, leerlinge en onderwysers aan die Hillcrest Primary School.

Dié skool het ’n bron van hoop geword in ’n gemeenskap wat swaar gebuk gaan onder bendegeweld, armoede en talle ander maatskaplike euwels.

Cyril Uithaler, Hillcrest Primary se skoolhoof, in die skoolsaal. Foto: Lulama Zenzile

Ongeag wat in die omgewing of in hul huise gebeur, het leerlinge tussen die mure van die skoolgebou ’n veilige hawe gevind.

Dit is hier waar hul onderwysers, onder leiding van Cyril Uithaler, die skoolhoof, daagliks die leerlinge motiveer om bo hul omstandighede uit te styg.

Die skool het sy toppresteerders in al die grade op die skool se prysuitdeling ekstra spesiaal laat voel.

Uithaler sê dit is belangrik om erkenning te gee aan die leerlinge se prestasies, want die kinders in Helenvale word onder uiters moeilike omstandighede groot waar bloed nie ’n sent werd is nie.

“Baie van ons leerlinge moes vanjaar ’n broer, suster, of selfs ’n ouer, aan die dood afstaan, maar ten spyte daarvan presteer hulle akademies, op kultuurgebied en geestelik.

“Ek haal my hoed af vir ons kinders,” sê hy.

Dié kaptein wat Hillcrest se skip op kalme waters hou, het sy onderwysers geloof vir hul toewyding en vir die onselfsugtige wyse waarop hul na die leerlinge omsien.

“Ons onderwysers kom daagliks in ’n gebied in waar baie mense te bang is om hul voete te sit.

“Hulle is passievol en toegewyd en kry nie aldag genoeg erkenning hiervoor nie.”

Benewens skoolhou, moet onderwysers daagliks die hoed van polisieman, sielkundige, pastoor en selfs ouer dra.

En, sê Uithaler, as hulle nie kan nie, dan kry hulle mense met die nodige vaardighede in om te help.

Die skool het vanjaar sy 56ste bestaansjaar gevier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.