Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Hoofmeisie van Saheti gereed om gemaksone te verlaat

Eleni Thomadakis het op skool nie rekeningkunde gehad nie, maar het besluit om dit vanjaar aan die Universiteit van die Witwatersrand te studeer.

Die hoofmeisie van die Saheti-skool in Bedfordview het agt onderskeidings behaal en glo dat sy BCom (rekeningkunde) kan aanpak omdat haar verstand georganiseerd is.

“Ek stel meer in sake belang, en daarom gaan ek rekeningkunde gebruik om in die bedryf ver te kom.”

Sy sê sy is nie senuagtig oor haar besluit nie omdat sy gepraat het met mense wat dieselfde besluit het.

Eleni hou van swem, maar kon dit nie meer gereeld doen nie weens haar akademiese werk in gr. 12.

Sy het A’s in Engels, moderne Grieks, Zoeloe, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, sakestudie en lewensoriëntering verwerf.

Sy het aan die provinsiale swemgala deelgeneem en erekleure vir netbal, redenaars en uitvoerende kunste gekry.

“Wat ek die meeste van universiteit vrees, is dat ek Saheti, my gemaksone vandat ek drie jaar oud was, moet verlaat. ’n Ander kant van my is opgewonde omdat ek ’n onafhanklike persoon wil word,” sê Eleni.

Meer oor:  Matriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.