Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Hou op om onderwysers te blameer vir alles
Romano Claassen.
Romano Claassen.

Deesdae kies baie van ons leerlinge die skole waarheen hulle wil gaan – skole waar hulle veilig voel en goeie onderrig ontvang.

Maar baie keer is dit nie al wat die studente in ag neem nie.

Soms gaan dit oor vakkeuses vir die beroepe wat hulle eendag wil beklee.

In my eerlike opinie, is ’n skool maar net ’n skool. Die werk wat in die kurrikulum gedek word, is dieselfde by elke skool.

Die leerling blameer soms die onderwyser wat die vak aanbied.

Leerlinge gebruik soms onderwysers as ’n verskoning as die vak nie aangebied word soos hulle wil hê nie.

Ek het nuus vir leerlinge met daardie persepsie. Sulke leerlinge is eenvoudig nie hardwerkend nie en wil alles net op ’n skinkbord hê. Dit werk nie in vandag se lewe so nie.

Harde werk kom nie van self nie!

As jy iets wil bereik, moet jy hard daarvoor werk, want niks in die lewe is gratis nie.

Dit het tyd geword dat ons leerlinge in skole hul eie bydrae ook moet lewer deur middae ná skool huis toe te gaan, weer deur die dag se nota’s te lees en deur die werk te gaan.

As hulle iets nie verstaan nie, moet hulle die onderwyser gaan raadpleeg of vir ekstra klasse gaan.

Jou toekoms lê in jou eie hande. Jy is verantwoordelik vir jou keuses, niemand anders nie.

Hou op om onderwysers te blameer.

Aan die einde van die dag hang jou sukses van jouself af.

In baie gevalle maak ons leerlinge verkeerde vakkeuses om in te pas by hul groep vriende.

LEES OOK: Gee onnies die respek wat hulle verdien

Toe ek op skool was, het ek nie veel opsies gehad nie, want ’n staatskool was my enigste opsie.

So dit maak nie saak of jy by ’n staat- of ’n private skool was nie, waar jy kom in die lewe hang alles van jou af.

Jou toekoms lê in jou eie hande. Jy is verantwoordelik vir jou keuses, niemand anders nie.

Onthou, vir elke aksie in die lewe is daar ’n reaksie.

So neem vandag inisiatief, dink daaroor voor jy enige oorhaastige besluite neem wat jou loopbaan kan beïnvloed.

  • Romano Austin Bradley Claassen (22) studeer onderwys aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Mowbray-kampus. Hy kom oorspronklik van Dysselsdorp, Oudtshoorn.
  • Wonder jy hoe studente se koppe werk? Lees nog meningstukke hier.
Meer oor:  Laerskool Schweizer-Reneke  |  Die Student  |  Studente  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.