Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Hulle gaan op dié skole in O-Kaap fokus, sê premier
Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap. Foto: Argief

Die Quest-Skool vir leerlinge met outisme in Port Elizabeth het ’n waglys van 72 leerlinge.

Volgens Lottie de Vries, die hoof, is dit leerlinge wat so te sê tas in die hand gereed staan om hulle by die skool aan te sluit, maar daar is nie vir hulle plek nie.

Die tekort aan plek en ondersteuningspersoneel was maar enkele van die uitdagings waarvan die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, gehoor het terwyl hy Donderdag skole vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes in Nelson Mandelabaai besoek het.

Die besoek spruit uit sy aankondiging in verlede jaar se provinsiale rede dat hy ondersoek gaan instel na die moontlike vestiging van drie bykomende spesiale skole in die provinsie.

Die gunstige liggings vir die uitbreidings is die Nelson Mandelabaai-metro, die Buffalo City-metro en die King Sabata Dalindyebo-munisipaliteit.

Uitbreiding van infrastruktuur

Mabuyane het Donderdag gesê die planne behels nie noodwendig die bou van splinternuwe skoolgeboue nie, maar eerder om bestaande infrastruktuur uit te brei.

“Dit is die behoefte en dit is beter as om eers vir ’n begroting van miljoene te soek om skole te bou, want dié skole benodig altyd meer hulpbronne.

“Van die professionele aspekte soos terapeute en sielkundiges tot die res van die personeel, benodig die skole gewoonlik veel meer (hulpbron)ondersteuning.”

Mabuyane sê hy besef die probleem van kapasiteit by skole vir leerlinge met spesiale behoeftes is ’n provinsiale probleem en hulle is daartoe verbind om die uitdagings so spoedig as moontlik te pak.

“Ons kan nie nog ’n jaar aangaan met dié jong mense wat nie in skole is nie. Ons het in Julie met die aanvang van die sesde administrasie verklaar dat ons op spesiale skole en (leerlinge met) spesiale behoeftes fokus en dit is wat ons gaan doen.”

Meer oor:  Oscar Mabuyane  |  Onderwysdepartement  |  Premier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.