Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Hulp vir studente ná verwoestende brand in Kaapstad
David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, saam met die personeel van Den Anker. Foto: Verskaf

Sakeondernemings het na vore gekom om hulp te bied aan meer as 1 000 studente wat geraak is deur die verwoestende brand in Kaapstad.

Die brand het Sondag langs Philip Kgosana-rylaan uitgebreek en teen die hange van Tafelberg versprei. Dit is intussen in bedwang gebring. Verskeie geboue is beskadig of vernietig.

David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, sê in ’n verklaring oorweldigende reaksie is ontvang van die regering, burgerlike organisasies en die private sektor.

Hy het veral sakeondernemings in Kaapstad in die toerisme- en gasvryheidsbedryf vir hul hulp bedank, veral met studente van die Universiteit van Kaapstad (UK) wat uit hul koshuise verwyder is.

Danksy pogings deur Fedhasa en Ubuntu Beds het meer as 29 verblyf-ondernemings 560 kamers Sondag beskikbaar gestel aan byna 1 000 UK-studente, en die ondersteuning neem toe. Deurlopende ondersteuning sal verskaf word aan die studente totdat hulle na hul koshuise kan terugkeer.

David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, praat met die personeel van Den Anker wat kos voorberei. Foto: Verskaf

Old Mutual het sy perseel in Pinelands as ’n versamelpunt vir skenkings beskikbaar gestel en sy kombuisgeriewe as basis vir die voorbereiding van meer as 12 000 maaltye wat deur Gift of the Givers en Hospital Heroes aan studente versprei sal word.

Restaurante en kitskosplekke soos die Den Anker, Burger King, Tigers Milk en City Grill Steakhouse het ook maaltye aan die UK-studente verskaf.

Volgens Maynier het hy Dinsdagoggend Den Anker se bestuur en personeel ontmoet wat hard werk om die maaltye vir die studente voor te berei.

Met behulp van skenkers is reeds meer as 40 maaltye Sondag verskaf en 350 Sondagaand. Maynier was ook by Makers Landing en het verteenwoordigers van die V&A Waterfront ontmoet waar meer as 4 000 toebroodjies, 1 000 middagetes, 1 000 aandetes en 1 000 ontbyte beloof het.

Makers Landing is ook beskikbaar gemaak vir studente om te werk en gratis Wi-Fi te gebruik. Die V&A Waterfront bied items vir persoonlike sorg aan studente wat gehuisves word in tydelike behuising by Breakwater Lodge.

Maatskappye soos Massmart, Engen, Foschini Group, Woolworths, Pick ’n Pay, Shoprite, Pioneer Foods, Blue Ribbon-brood en Coke het ook skenkings aangebied. Uber en Bolt het gratis ritte vir studente aangebied.

Volgens Maynier het honderde vrywilligers gehelp. Hy het almal se hulp verwelkom en sê dit is iets positief tydens die tragedie.

Meer oor:  Hulp  |  Studente  |  Kaapstad-Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.