Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Hy slaag, al moet polisie hom teen bendes beskerm
Ridah Khan en sy ma, Touteegah, Donderdag by Leeuwenhof, amptelike woning van die Wes-Kaapse premier. Foto: Jaco Marais

Op pad huis toe van sy wiskunde-eksamen in Junie verlede jaar is Ridah Khan en drie van sy vriende deur ’n groep jonger kinders in die strate van Athlone aangeval.

Ridah is met ’n baksteen teen die agterkant van sy kop geslaan en hy was bewusteloos. Hy moes hospitaal toe gehaas word en dit het hom weke lank geneem om te herstel.

“Dit is hoe hulle die jong seuns in die bendes inkry,” vertel sy ma, Touteegah. “Hulle hoop dat die seuns die beskerming van bendes gaan soek en skool los.”

Maar Ridah het besluit om te volhard en nie deur bendes ingesluk te word nie, al is sy goeie vriend dae ná die aanval op hom nege keer met ’n mes gesteek.

Ridah Khan skud hand met Debbie Schäfer, LUR vir onderwys in die Wes-Kaap. Hy het R10 000 en ’n nuwe Samsung-selfoon van die WKOD gekry. Foto: Jaco Marais

“Ja, hy het oorleef, maar dit was vir ons almal baie traumaties. Die ouens was ’n jaar of twee jonger as ons, reeds deel van bendes,” sê Ridah.

Hy moes die res van sy Junie-eksamen in die polisiekantoor gaan aflê omdat hy vir sy lewe gevrees het. Vir die eindeksamen moes die polisie hom vergesel na die lokaal sodat hy nie aangerand word nie.

En Ridah het sy matrieksertifikaat gekry, mét universiteitsvrystelling.

“Ons is ongelooflik trots op hom,” vertel sy ma. “En ons is so bly hy sê nee vir bendes. Dit is hoe ons hom grootgemaak het.”

Ridah gaan vanjaar rekenaarinligting (IT) studeer aan die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het op sy toekenningsgeleentheid Donderdag in Kaapstad aan hom R10 000 en ’n nuwe Samsung-selfoon oorhandig.

Wat gaan hy met die geld doen?

Celebrate,” sê hy met ’n glimlag.

Meer oor:  Athlone  |  Matriekuitslae
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.