Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Inperking raak ook volwasse matriekkandidate

In ’n skooljaar waar leerlinge meer tuis as op die skoolbanke was, het die koronaviruspandemie ook druk op volwassenes geplaas wat poog om hul matrieksertifikaat te verwerf.

Vir die afgelope dekade bied die Northern Areas People Development Initiative- (Napdi) gemeenskapsorganisasie naweke klasse vir volwassenes aan wat matriek wil voltooi. Dié klasse is soos talle ander bedrywighede weens die virus opgeskort en ’n moeilike matriekeindeksamen wag op dié kandidate.

’n Groepfoto van studente wat verlede jaar aan die Northern Areas People Development Initiative se Second Chance Matric-program deelgeneem het. Foto: Verskaf

Klasse het in Julie vir slegs een naweek per maand hervat en eers onlangs tot twee keer ’n maand toegeneem.

Isaac Metembo, Napdi-voorsitter en koördineerder van die organisasie se Second Chance Matric-program, sê soos die gewone skoolleerlinge het hulle deur die inperking hul studente met aanlyn klasse probeer help, wat ook Netwerk24 se aanlyn lesse ingesluit het.

Hy sê omdat die noordelike voorstede van Port Elizabeth grootliks Afrikaans is, was dié lesse van groot hulp, aangesien die meerderheid leermateriaal slegs in Engels beskikbaar is.

“Hoewel ons weer beperkte kontaksessies oor naweke aanbied, was dit wonderlik om te sien hoe die studente onder mekaar inspring en in groepe help. Baie van ons studente het ook nog nie teruggekeer nie uit vrees vir die verspreiding van die virus.”

Die program lok jaarliks ’n groot groep volwassenes wat om verskeie redes nie hul skoolloopbaan kon voltooi of matriek geslaag het nie.

“Ons sien byvoorbeeld jong vroue wat in hul matriekjaar swanger geraak het. Dan is daar jong mense wat nie bevordering kry in hul werk nie omdat hulle nie ’n matrieksertifikaat het nie en ander wat verder wil studeer, maar nie aan die minimum vereistes van die tersiêre instelling voldoen nie.”

Om te registreer vir die eindeksamen is gratis, maar dit bly ’n groot struikelblok dat die kandidate nie onderrig word nie, sê Metembo.

“Die gevolg is dat honderde volwassenes vir die eksamen registreer, maar dat baie nie opdaag om dit te skryf nie en nog minder uiteindelik slaag.”

Metembo sê daar is talle klasse beskikbaar vir die studente, maar dit is gewoonlik onbekostigbaar.

Napdi, ’n organisasie sonder winsbejag, het die nood raakgesien en die program gestig waarmee kontaksessies Saterdae by die Hillside High School aangebied word.

“Hoewel ons jaarliks R950 vra, word al ons volwasse leerlinge wat werkloos is of ’n toelae van die regering ontvang, kwytgeskeld. Dit is gewoonlik meer as 80% van die volwassenes in ons program.”

Die gevolg is dat honderde volwassenes vir die eksamen registreer, maar dat baie nie opdaag om dit te skryf nie en nog minder uiteindelik slaag.

Die ervare onderwysers wat die vakke aanbied, word twee keer ’n jaar ’n minimale salaris betaal, maar het sedert die inperking hul dienste gratis aangebied.

Metembo het bygevoeg dat hulle probeer opmaak vir verlore tyd, maar is hulle tog bekommerd oor die eksamen wat voorlê.

“Ons studente het soveel moontlik kontaksessies nodig. Ons hoop die studente sal toegewyd wees en die eksamen suksesvol voltooi.”

Meer as 150 volwassenes het reeds met behulp van die program geslaag.

Meer oor:  Koronavirus  |  Matriekkandidate  |  Matrieks  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.