Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Inskrywings by skole in W-Kaap sluit vandag

Ouers het nog tot Vrydag 15 Maart om hul kinders by skole in die Wes-Kaap vir 2020 in te skryf, en hulle behoort teen Mei te weet wat die uitslag van hul aansoeke is.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het ouers daaraan herinner dat aansoeke om toelating van 15 Februarie af ingedien kon word en dat aansoeke ná 15 Maart as “laat” gemerk sal word. Sedert 15 Februarie is 192 481 aansoeke verwerk vir 73 487 leerlinge.

Amptenare van die WKOD sal ouers wat nie hul kinders betyds ingeskryf het nie, bystaan.

Die skole sal ouers teen 10 Mei verwittig van die uitslag van hul aansoeke, waarna ouers 10 dae het om die skool van hul keuse te bevestig.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys.Foto: Deon Raath

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het ’n beroep op veral die ouers van voornemende gr. R-, gr. 1- en gr. 8-leerlinge gedoen om betyds aansoek te doen.

“Ons wil graag verseker dat die meeste plekke teen die derde kwartaal gevul is en doen ’n beroep op ouers om ons by te staan om die inskryfproses so glad as moontlik te laat verloop vir ’n positiewe begin van die skooljaar.”

Die skole se beheerliggame is verantwoordelik vir die beleid oor inskrywings en die skool kan dus sekere kriteria toepas aan die hand van wetgewing, lui ’n verklaring van die WKOD.

Ouers word ook gemaan om by meer as een skool aansoek te doen, omdat ’n aansoek en die nabyheid aan die skool nie toelating waarborg nie. Sommige beheerliggame sluit egter voedingsgebiede by hul toelatingsbeleid in.

Volgens die WKOD ontvang sekere skole vyf keer meer aansoeke as wat daar plek is.

Ouers wat hulp benodig, kan hul naaste distrikskantoorvan die onderwysdepartement besoek of kontak.

Kontak die WKOD se inbelsentrum by 0861 923 322 of besoek sy webwerf hier: 

Meer oor:  Inskrywings  |  Debbie Shäfer  |  Wes-Kaapse Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.