Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Jansen beloof R100 m. vir armes
Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), verwelkom Vrydagaand die eerstejaars op dié universiteit se Bloemfontein-kampus. Foto: Conrad Bornman
Lindokuhle Ntuli, voorsitter van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se studenteraad, spreek Vrydagaand die studente en hul ouers toe. Foto: Conrad Bornman
Studente met plakkate op Kovsies se Bloemfontein-kampus ten tyde van die eerstejaarsverwelkoming wat Vrydagaand gehou is. Foto: Conrad Bornman

’n Volle R100 miljoen vir behoeftige studente wat nie vir hul studie kan betaal nie.

Dit is die belofte wat die rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), prof. Jonathan Jansen, Vrydagaand op die eerstejaarsverwelkoming op die Bloemfontein-kampus gemaak het.

“Ons sal geen student met behoorlike akademiese punte wegwys, omdat hy of sy nie genoeg geld het nie. Waar gaan ons die geld vandaan kry? Ek het nie ’n idee nie,” het Jansen op die Rooiplein voor die hoofgebou aan talle eerstejaarstudente en hul ouers gesê.

“Maar ek het ’n veldtog begin wat minstens 50% van my tyd in beslag gaan neem om tussen nou en September R100 miljoen in te samel.”

Jansen het belowe dat hulle die geld ingesamel sal kry.

Die rektor het gesê dit is nou ’n moeilike tyd, veral vir die leiers van universiteitskampusse in Suid-Afrika, en het verwys na die #FeesMustFall-veldtog.

Jansen het toe vertel van ’n student (sy is deel van ’n gesin van vyf wat almal in ’n eenslaapkamerwoonstel woon) wat gemiddelde punte van tussen 80% en 90% behaal het, maar sy het nie geld om te studeer nie.

“Dit sal ’n misdaad wees . . . as ek haar weggewys het omdat sy nie geld het nie.”

Die UV het haar nie weggewys nie en Jansen het aan die meisie se ma gesê hulle sal haar dogter help om ’n graad aan Kovsies te kry, want dit is die regte ding om te doen.

Hy het die studenteraad (SR) bedank vir hul leierskap in moeilike tye en gesê ongelukkig is daar altyd ’n klein groep op alle kampusse wat ongeag hoeveel jy doen, glo dit is nie genoeg nie “en sal probeer om moeilik te wees”.

“Ek wil net aan u sê as ’n pa wat self ’n dogter hier by Kovsies het, ons sal altyd die veiligheid en sekuriteit van elke student op al drie kampusse prioritiseer,” het Jansen gesê.

Lindokuhle Ntuli, die SR-voorsitter, het die eerstejaars en hul ouers ook toegespreek.

Volgens hom het die studenteraad op hul beurt die Right to Learn-veldtog begin om geld vir behoeftige studente in te samel. Sedert verlede jaar het hulle R1,2 miljoen ingesamel vir studente wat nie tersiêre onderrig kan bekostig nie.

“Ons het toegelaat dat onderrig gekommersialiseer word. Ons verkoop dit as ’n kommoditeit aan die hoogste bieër.” Ntuli het verder gesê die oorgrote meerderheid wat nie kan bekostig om te studeer nie, word ingeperk tot ’n lewe gekenmerk deur armoede en werkloosheid weens ongeletterdheid en/of ’n gebrek aan vaardighede.

“Hoe gouer ons as ’n land besef onderwys is nie ’n uitgawe nie, maar ’n belegging, hoe beter.”

Jansen het ook gesê die UV het tot dusver 25 142 aansoeke van voorgraadse studente ontvang, terwyl daar net vir 8 000 beplan is. Dit is volgens hom ’n groot toename vergeleke met verlede jaar se 17 500 aansoeke.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.