Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Jong vrou van PE presteer ondanks siekte

Hierdie berig is aangepas nadat dit aanvanklik gepubliseer is.


’n Boorling van Port Elizabeth het gewys wat in haar steek toe sy ondanks haar stryd teen ulseratiewe kolitis steeds haar graad in tandheelkunde verwerf het.

Dr. Micaela Pauls, wat deur die Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad as die top-student aangewys is. Foto: Verskaf

Micaela Pauls het haar graad aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf en die Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad het haar boonop as die top-student aangewys.

Ulseratiewe kolitis is ’n chroniese inflammasie van die derms, wat inflammasie in die spysverteringstelsel veroorsaak.

Terwyl sy studeer het, het sy elke paar maande ’n week in die hospitaal vir chemoterapie deurgebring.

Hoewel sy aanvaar is om aktuariële wetenskap te studeer, wou sy graag ’n dokter word om ’n verskil in ander se lewens te maak.

Toe sy aanvaar is om tandheelkunde te studeer het sy die geleentheid aangegryp.

Kort nadat die eerste semester afgeskop het, het die blye nuus gekom dat Micaela ’n volle beurs by die departement van gesondheid in die Oos-Kaap gekry het.

Die siekte is egter in haar eerste studiejaar by haar gediagnoseer.

“Die chemoterapie wat ’n mens kry om jou uit die hospitaal te hou het sy tol geëis, veral met die praktiese komponent van die kurrikulum wat so veeleisend is.

“Ek het ondanks die pyn en ongerief altyd seker gemaak dat my pasiënte die beste behandeling kry. Hulle het hul eie pyn en dit is my werk om hul pyn te verlig.

Michele en Kevin Pauls by hul dogter, Micaela, op haar gradeplegtigheid. Foto: Verskaf

“Soos die jare aangestap het, het die studeerwerk al hoe meer geword. Die stres het sy tol op my gesondheid geëis.”

Omdat sy elke Dinsdag en Saterdag semestertoetse geskryf het, moes sy haarself motiveer om soggens uit die bed te klim, selfs al was sy baie siek.

“Vyf jaar later het die dag uiteindelik aangebreek. Die harde werk, bloed, sweet en trane het daartoe gelei dat ek as die top-student aangewys is.

“Ek het ook die Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad se medaljes vir verskillende dissiplines, asook die goue medalje vir akademie ontvang,” sê sy.

Michele en Kevin, haar ouers, kon die oomblik toe sy haar graad ontvang, met haar deel.

Micaela het reeds haar loopbaan as tandarts in Kwazakhele in Port Elizabeth begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.