Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Jong Vrystater wen groot wetenskapprys

’n Blink idee om ’n selfoonbattery met windkrag te herlaai het ’n gr. 10-leerling van die Vrystaat ’n gesogte wetenskaptoekenning besorg.

Lebohang Ngake, ’n gr. 10-leerling aan die Gekombineerde Skool Setjhaba-Se-Maketse in Botshabelo, het ten tyde van ’n taxi-rit met die wen-idee vorendag gekom.

Sy plan om energie met die hulp van die wind op te wek het hom uiteindelik met ’n goue prys van die 2018 Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes se Internasionale Wetenskapuitstalling in Johannesburg laat wegstap.

Lebohang Ngake by sy windlaaier op die ekspo.Foto: Antony Cousens

Dié jong wetenskaplike het ook die prys vir die beste ontwikkelende projek by die 38ste wetenskapuitstalling wat van 2 Oktober tot 5 Oktober by die Birchwood Hotel en die OR Tambo-konferensiesentrum in Johannesburg aangebied is, ontvang.

Altesaam 512 finaliste van 35 streke in Suid-Afrika, Mexiko, Ghana, Namibië, Kenia, Nigerië, Zimbabwe, Mosambiek en Tanzanië het aan die ekspo deelgeneem.

“Die wind wat deur die venster waai het my laat dink aan ’n manier om energie met die wind te genereer,” sê Lebohang oor sy wen-idee.

Ná baie dinkwerk en danksy sy uitsonderlike wetenskaplike vaardighede het Lebohang afvalmateriaal gebruik om ’n prototipe te bou wat aan ’n venster van ’n bewegende voertuig vashaak.

Elke streek behoort hierdie uitdaging aan te pak. Ons doen dit terwyl ons ook ander lande ondersteun.
Thava Govender, hoof van kragopwekking by Eskom.

“Wanneer die winddeeltjies met die turbine in kontak kom, skep dit kinetiese energie wat deur ’n opwekker in elektriese energie omgesit word. ’n Reguleerder kontroleer die krag wat opgewek word en laai die mobiele toestel,” verduidelik Lebohang.

Thava Govender, hoof van kragopwekking by Eskom, sê die ekspo is ’n bewys van Eskom se verbintenis om wetenskap en ingenieurswese nie net in Suid-Afrika te ontwikkel nie, maar ook in Afrika.

“Om vaardighede op hierdie terreine te skep en die gaping in lande te oorkom is ’n wêreldwye uitdaging en die ekspo is een van dié maniere om dit te doen. Elke streek behoort hierdie uitdaging aan te pak. Ons doen dit terwyl ons ook ander lande ondersteun.”

Govender sê die kompetisie lewer ’n merkwaardige bydrae tot volhoubare maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling in Afrika en bemagtig sy kinders.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.