Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Juffrou gou terug skool toe ná opmerking oor apartheid
Die foto van die antwoordstel wat op sosiale media versprei is. Foto: Twitter

Die onderwyseres wat in Oktober verlede jaar uit die Southdown College in Centurion geskors is, sal volgende maand na die skool terugkeer.

Volgens die skoolhoof, Magalan Pather, sal Anita Malan op 3 Februarie na die skool terugkeer om haar pligte te hervat. “Dié besluit is deur ’n onafhanklike voorsitter ná ’n deeglike ondersoek, asook ’n tugverhoor geneem,” het hy by navraag per e-pos gesê.

Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, wat Malan in die verhoor bygestaan het, sê Solidariteit is dankbaar dat sy ná die uitspraak op 13 Januarie kan teruggaan skool toe.

“Dit is in die beste belang van die kinders by die skool. Sy is ’n briljante juffrou wat net wil skool gee. Haar fokus is om kinders te leer en op te voed, en geensins polities nie.”

Volgens Hermann is Malan ’n slagoffer van Suid-Afrika se politieke korrektheid. “Sy het baie seergekry in die proses en die slagoffers was die kinders. Sy moes heeltemal onskuldig bevind word, maar ons aanvaar dat sy eerder wil teruggaan skool toe en haar dus by die uitspraak berus.”

Malan is in Oktober verlede jaar geskors nadat sy op ’n leerling se aardrykskunde-vraestel ’n opmerking oor die verband tussen apartheid en armoede bevraagteken het.

Sy het met ’n rooi pen op die vraestel geskryf: “Dit is bykans 30 jaar gelede. Sou dit ’n invloed hê?”

’n Foto van die vraestel het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei, wat tot Malan se skorsing gelei het.

Meer oor:  Skorsing  |  Onderwys  |  Apartheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.