Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Juffrou wat kind klap gaan terug skool toe

Clarissa Venter (34) keer op 2 April terug na Sans Souci Girls’ High School in Kaapstad nadat sy ’n finale waarskuwing en boete ná die klapvoorval ontvang het.

Clarissa Venter verlede maand buite die landdroshof in Wynberg, Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) het Vrydag bevestig dat die skool se beheerliggaam die tugproses afgehandel het nadat ’n video in Februarie verskyn het waarin Venter ’n leerling in haar klaskamer deur die gesig klap.

Die beheerliggaam het ook die aanbeveling bekragtig dat Venter sessies bywoon om te leer om haar woede te beheer.

Venter is deur die beheerliggaam en nie die WKOD aangestel nie.

Intussen het die ma van die leerling haar dogter aan die begin van die maand uit die skool gehaal. Sy het in ’n verklaring gesê haar dogter se tugverhoor sou nie regverdig wees nie.

Venter en die 16-jarige leerling in gr. 9 het ná die voorval op 5 Februarie strafregtelike klagte teen mekaar ingedien.

Venter se saak van aanranding is vir finale ondersoek tot 18 April in die landdroshof in Wynberg uitgestel.

Die leerling se ma gaan glo voort met regstappe teen die skool, die beheerliggaam en die WKOD vir die skending van haar dogter se regte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.