Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Jy en jou onnie kan wen as jy kan skryf

Talentvolle skoolskrywers se groot oomblik het aangebreek met Beeld in Onderwys en afrikaans.com se nuwe Kreatiewe Skryfkompetisie vir leerlinge.

En ’n wye verskeidenheid kan ingeskryf word, ook uit werk wat leerlinge reeds sedert Januarie gelewer het – poësie, asook verhalende, beskrywenede, argumenterende en literêre opstelle.

Daar word in drie afdelings meegeding – Afrikaans huistaal vir hoërskole en laerskole, asook ’n afdeling vir Afrikaans as tweede taal in hoërskole.

Boonop is daar vir die eerste plekke in die drie afdelings R3 000 op die spel vir die wenner asook ’n bykomende R3 000 vir elkeen se onderwyser. Tweede plekwenners en hul onderwysers kry R2 000 elk en leerlinge in die derde plek en hul onderwysers wen R1 000 elk.

Die webwerf afrikaans.com sê in sy verklaring oor die kompetisie “dit is belangrik om uiting aan jouself te gee in jou moedertaal. Kreatiewe skryfwerk en ’n kompetisie soos hierdie gee leerders die geleentheid om hulself in Afrikaans uit te druk en daardeur bly die taal lewendig in hul gedagtes, harte en monde.”

Elize Engelbrecht, hoof van Beeld in Onderwys, sê die kompetisie gee leerlinge die geleentheid om hul skryftalent teen dié van ander op te weeg.

“Afrikaans-onderwysers wat ure aan hul leerlinge se kreatiewe skryfwerk moet nasien en leiding en afronding gee, kry ook erkenning.”

Belangstellendes kan inskrywingsvorms en meer inligting kry by www.duxemedia.com of navrae stuur aan skool@beeld.com of ’n sms stuur na 083 380 1800. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 1 Augustus en enige skrywerk van Januarie tot Julie kan ingestuur word. – Beeld-redaksie

Meer oor:  Beeld In Onderwys  |  Afrikaans.Com  |  Onderwys  |  Kompetisie  |  Skryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.