Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Jy moet aanhou skoolgeld betaal, die wet sê so

Om jou kind se skoolgeld te weerhou sonder om vir vrystelling aansoek te doen, is soos om jou belasting te weerhou as jy voel jy kry nie dienste nie.

So sê Paul Colditz, voorsitter van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).

Colditz sê die ouers se vermoë en bereidwilligheid om skoolgeld te betaal het landwyd afgeneem en skole is in ’n moeilike posisie.

“Ouers kom met die argument dat hulle nie die dienste of die volledige diens gekry het nie en sê daarom gaan hulle nie die volledige skoolgeld betaal nie.”

Hy sê skoolgeld is ’n statutêre verpligting, soos belasting.

“Ek moet munisipale belasting betaal, die wet sê so. Of die munisipaliteit dienste lewer of dit nie betyds doen nie, dit maak nie saak nie, ek moet die voorgeskrewe belasting betaal.”

Ouers kan egter by die skool se beheerliggaam vir vrystelling van die betaling van skoolgeld aansoek doen, mits hulle daarvoor kwalifiseer.

Ons het ’n paar gevalle gekry waar beheerliggame moontlik die opsie moet oorweeg om van die beheerliggaam se poste minder te betaal.

Ouers wat sukkel, maar nie vir vrystelling kwalifiseer nie, moet met die beheerliggaam in verbinding tree om ’n reëling te tref, sê hy.

Reniël Lodewyk, provinsiale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) in die Vrystaat, sê die unie staan by sy landwye pleidooi: “As jy steeds skoolgeld kan bydra, doen dit. As jy ’n diens aan die gemeenskap kan lewer, doen dit, want dit het uiteindelik ’n baie wyer impak.”

Lodewyk sê egter dis te verstane hoe langer die inperking duur, hoe groter die risiko dat skoolgeld nie betaal word nie.

As jy moet kies tussen kos op die tafel en om skoolgeld te betaal, is dit ’n eenvoudige keuse, sê hy.

“Ons het ’n klomp skoolhoofde wat aan ons gesê het hulle is baie bekommerd dat veral ouers wat nou sukkel, eerste ophou om skoolgeld te betaal. Dit gaan ’n baie groot probleem vir beheerliggame raak.

“Ons het ’n paar gevalle gekry waar beheerliggame moontlik die opsie moet oorweeg om van die beheerliggaam se poste minder te betaal.

“Die wet is baie duidelik ten opsigte van die aspek, waar daar ’n konsultasieproses moet wees en dit werklik die beheerliggaam se laaste uitweg moet wees om so iets te oorweeg.”

Lodewyk sê talle skole is onder druk, maar die beheerliggame doen alles in hul vermoë om dié onderwysers te akkommodeer.

* Zinnette de Wet, hoof van die Eunice High School in Bloemfontein, het by navraag gesê die skool se ouers bied oorweldigende steun om te verseker dat die leerlinge so gewoon moontlik met hul akademiese roetine kan voortgaan. Die skool is hiervoor dankbaar.

“Ons het ’n baie positiewe reaksie en toewyding van ons ouers oor skoolgeld.”

Meer oor:  Paul Colditz  |  Inperking  |  Onderwys  |  Skoolgeld  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.