Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kaapse laerskool bly Afrikaans
Foto ter illustrasie. Foto: Ewald Stander

Leerlinge aan die Laerskool Monte Vista in Kaapstad sal aanstaande jaar wel in Afrikaans onderrig kan word nadat die beheerliggaam ’n besluit om die skool Engels te maak, omgekeer het.

Die ouers van voornemende gr. 1-leerlinge aan dié skool was verlede week in opstand nadat hulle ’n brief van die skool ontvang het waarin hulle in kennis gestel is dat die skool van volgende jaar af enkelmedium sal wees.

Dean Pretorius, voorsitter van die beheerliggaam, het Maandag gesê ná ’n vergadering Vrydag met die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), het hulle besluit om vir eers met klasse in Afrikaans voort te gaan.

“Die WKOD het onderneem om die skool van ’n mobiele klaskamer te voorsien, wat beteken dat die skool ’n verdere 35 Engelse leerlinge in 2017 sal kan inneem,” het hy gesê.

“Dit los vir eers ons probleem en die rede vir die aanvanklike besluit – dat ons Engelse leerlinge moet wegwys om ’n mindere aantal Afrikaanse leerlinge in te neem – op.”

Die beheerliggaam het dié nuus Vrydag in ’n brief aan voornemende ouers gedeel: “Dit is met baie vreugde dat ons u kan meedeel dat ons alle Afrikaanse inskrywings vir 2017 sal kan aanvaar. Die verwagting is dat die ouers en die skool daarna sal werk om dit volhoubaar te maak.

“Baie dankie aan almal wat hul besorgdheid met die beheerliggaam van Laerskool Monte Vista gedeel het en dankie vir u geduld rondom terugvoer oor hierdie uiters sensitiewe saak.”

Volgens Pretorius sal die skool oor die lang termyn na strategieë kyk om meer Afrikaanse leerlinge uit sy voedingsgebied na die skool te trek.

“Die hoop is dat ons onderrig in Afrikaans aan die skool volhoubaar kan maak,” sê hy.

“Ons kan nie met ’n klas van 16 Afrikaanse leerlinge aan die een kant sit en ’n klas van 35 Engelse leerlinge aan die ander kant, terwyl ouers uit die gemeenskap hul Afrikaanse kinders na ander skole toe stuur nie.”

Monte Vista het tans sowat 800 leerlinge, waarvan minder as ’n kwart onderrig in Afrikaans verkies.

Meer oor:  Kaapstad  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.