Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kaapse meisieskool aanvaar 1ste transgender leerling

’n Kaapse meisieskool verwelkom eersdaags hul eerste transgender leerling in wat genderaktiviste as ’n stap nader aan geslagsgelykheid beskryf.

Volgens Shirley Harding, hoof van die Wynberg Girls’ High School in Kaapstad, is die proses aan die gang en moet ’n toelatingsdatum nog vasgestel word.

Dié 14-jarige transgender-meisie is verlede week van die besluit in kennis gestel.

Ná ’n lang debat en nadat ons al die omstandighede oorweeg het, het ons besluit om die leerling te aanvaar.

“Dit is belangrik om te onthou dat dit ’n jong meisie is, wat die ruimte nodig het om haar ware self te kan wees. Ons is net bly ons is ’n inklusiewe skool, waar sy kan voel sy word aanvaar,” sê Harding.

Sharon Cox, bestuurder van gesondheids-en- ondersteuningsdienste van die Triangle Project, sê hulle is verheug dat die skool dié stap gedoen het.

Die niewinsgewende organisasie beywer hom vir die beskerming van die LGBTI+-gemeenskap se menseregte.

“Kinders het die reg tot onderrig. Dit is ongelooflik moeilik vir ’n transgender kind in ’n skool en soms voltooi hulle nie hul skoolloopbaan nie. Hulle is soms ook nie in die skool van hul keuse nie,” sê Cox.

Volgens Richard Brown, lid van die skool se beheerliggaam, is die aansoek in die laaste kwartaal van 2018 onder hul aandag gebring.

“Ná ’n lang debat en nadat ons al die omstandighede oorweeg het, het ons besluit om die leerling te aanvaar.

“Een van ons waardes is inklusiwiteit en ons glo dit is die regte besluit,” sê hy.

Volgens hom gaan die skool sy toelatingsbeleid verander om diegene wat as meisies identifiseer in te sluit.

Brown sê die Wes-Kaapse onderwysdepartement het geen probleme met die besluit nie.

Cox sê sy weet nie of die 14-jarige leerling ’n geslagsveranderingschirurgie ondergaan het nie.

Brown sê wel dat die leerling nie aan sport sal mag deelneem nie, omdat dit ’n onregverdige voordeel teen ander deelnemers kan beteken.

Meer oor:  Kaapstad  |  Transgender  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.