Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kameroener kry doktorsgraad op 25 aan SUT
Dr. Hans-Denis Bamal, wat op 25-jarige ouderdom sy doktorsgraad aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie behaal het. Foto: Verskaf

Al het dr. Hans-Denis Bamal van Kameroen beperkte begrip van Engels gehad toe hy die skool verlaat het, het dit hom nie daarvan weerhou om op 25 jaar ’n doktorsgraad te verwerf nie.

Bamal het boonop die jongste student aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein geword wat ’n doktorsgraad behaal het. Hy het sy graad einde verlede maand ontvang.

Bamal het sy doktorsgraad deur die fakulteit gesondheid en omgewingswetenskap in biomediese tegnologie behaal. Sy navorsingswerk het tot die ontdekking van ’n nuwe geneesmiddel gelei om akwatiese infeksies deur akwatiese parasiete by diere te help beveg.

Volgens ’n SUT-verklaring speel sy navorsingswerk nou ’n leidende rol om oplossings te vind wat ’n einde aan sosio-ekonomiese uitdagings kan bring waarmee akwatiese boerderye worstel.

Bamal het tot op hede vier artikels in wetenskaplike vaktydskrifte gepubliseer en sy werk is op nasionale en internasionale konferensies aangebied.

Volgens hom is Frans sy huistaal en het hy ses maande ná skool ’n kursus in Engels gedoen om sy taalvaardighede op te skerp.

“My Engels was nie goed nie en ek was nie vlot daarin nie,” sê hy.

“Om dié prestasie aan die SUT te behaal is iets groots vir my en kan hopelik as inspirasie vir ander dien.”

Ek het net mooi niemand in Bloemfontein geken toe ek daar gekom het nie.

Hy het in 2010 ’n BA-graad aan die Pearson-instituut vir Hoër Onderwys in Midrand behaal, waarna hy teruggekeer het na Kameroen om aan ’n meestersgraad in plantpatologie aan die Universiteit van Douala te werk.

“Ek het gehoor prof. Khajamohiddin Syed aan die SUT is die beste in sy veld en ek het hulle genader om my doktorsgraad daar te doen. Ek het net mooi niemand in Bloemfontein geken toe ek daar kom nie.”

Hy het nou twee loopbaankeuses waaroor hy nog moet besluit.

“Ek kan óf nadoktorale navorsing doen óf vir ’n biofarmaseutiese of biotegnologiese maatskappy gaan werk. Ek hoop om eendag deur my werk op die een of ander manier ’n verskil op die Afrika-vasteland te maak.”

Meer oor:  Doktorsgraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.