Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kanker keer nie student om doktorsgraad te verwerf

Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) hou Vrydag sy gradeplegtigheid met studente van so ver as Rwanda wat hul grade sal ontvang.

Met dié Desember-gradeplegtigheid word 22 doktorale grade, 65 meestersgrade, 6 honneursgrade, 434 voorgraadse grade, 55 diplomas en 212 sertifikate toegeken.

Een van die studente wat haar PhD-graad ontvang in fisioterapie, is Lela Mukaruzima van Rwanda. Borskanker is tydens haar studie by haar gediagnoseer. Foto: Universiteit van Wes-Kaapland

Die UWK sê in ’n verklaring vanjaar is daar onder meer 114 doktorsgrade, 377 meestersgrade en 640 honneursgrade toegeken.

Een van die studente wat haar PhD-graad ontvang, is Lela Mukaruzima, van Rwanda, by wie daar tydens haar studie in fisioterapie borskanker gediagnoseer is.

Sy is deur prof. Josè Frantz (adjunk-viserektor van navorsing en innovasie) onder die vlerk geneem wat saam met ander personeel van die universiteit geld ingesamel het om Mukaruzima te help toe haar mediese fonds uitgeput geraak het.

Mukaruzima sê sy was in ’n vreemde land met geen familie of nabye vriende by haar nie. “Ek het in ’n klein huisie gesit en gewonder hoe gaan ek oorleef. Maar God het ’n plan gemaak.”

Volgens Mukaruzima het sy wonderlike ondersteuning gekry by die UWK en sy het boesemvriende gemaak in die tydperk wat sy aan dié universiteit verbonde was.

“Ek weet vele buitelandse burgers het nie goeie ervarings van Suid-Afrika nie, maar ek kan eerlik sê dat ek wonderlike ondersteuning gekry het van Suid-Afrikaners en ander lande se burgers,” sê Mukaruzima.

’n Eredoktorsgraad gaan postuum aan dr. Zola Skweyiya toegeken word. Foto: Universiteit van Wes-Kaapland

* Die UWK sê ’n eredoktorsgraad gaan postuum aan dr. Zola Skweyiya toegeken word vir sy werk om aan die nuwe Suid-Afrika te bou. Skweyiya het by die UWK aangesluit nadat hy na Suid-Afrika teruggekeer het in 1990. Skweyiya was onder andere minister van staatsdiens en administrasie asook minister van maatskaplike ontwikkeling. Hy is in April vanjaar oorlede.

* Die UWK se goue medalje vir toewyding tot gemeenskapswerk gaan aan die historikus Ebrahim Rhoda toegeken word.

* Die jaarlikse Jakes Gerwel-prys in openbare gesondheid gaan aan die alumni dr. Amir Aman Hagos toegeken word, wat in Mei vanjaar as die minister van gesondheid in Ethiopië aangestel is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.