Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kinderharte verbly oor nuwe klaskamer

Die kinderharte en -lyfies van Lesedi Daycare bons uitbundig van opgewondenheid in hul nuwe klaskamer.

Kleingoed van Lesedi Daycare in die JB Mafora-woonbuurt buite Bloemfontein sit by hul juffrou Katriena Ketso in die nuwe klaskamer. Foto: Marita Herselman
Hier gaan nog baie geleer en gespeel word! Kinders van Lesedi Daycare en hul juffrou Katriena Ketso. Foto: Marita Herselman

Donderdag vroegmiddag het hul juffrou Katriena Ketso hulle nog in ’n beskeie, netjiese klaskamer van sinkplate onderrig. ’n Ruk later is ’n voorafvervaardigde klaskamer afgelewer en opgerig.

Dit is haar en die kinders se groot dag, sê Ketso. Sy bedryf dié dagsorgsentrum in die JB Mafora-woonbuurt buite Bloemfontein sedert 2016.

“Die Here is goed vir ons, ek sê baie dankie. Ek wil net huil, want dis ’n groot present dié.”

Ketso sien om na 21 kinders tot ses jaar oud.

Die Eunice-gemeenskap in Bloemfontein het Donderdag hul droom vir dié dagsorgsentrum, waarvoor hulle heeljaar geld insamel, bewaarheid.

Die hoër- en laerskool het saamgespan om die klaskamer te koop.

Personeellede en leerlinge van die Eunice High School en die Eunice Primary School was daar om die gesiggies met die onthulling te sien straal.

“Toe ek sien Katriena het werklik ’n hart vir onderrig, het ek geweet ons kan haar help met die groot verskil wat sy reeds maak,” sê Lize-Mari Smit, hoërskoolonderwyser en die hoof van die skool se dienskomitee. Dié projek is Smit se inisiatief.

“Dit is nie altyd maklik om die verskil wat jy wil maak, met beperkte hulpbronne te maak nie. Sy het egter daarin geslaag.”

Die kinderharte en -lyfies van Lesedi Daycare bons uitbundig van opgewondenheid in hul nuwe klaskamer. Foto: Marita Herselman

Eunice is reeds etlike jare betrokke by die dagsorgsentrum en bring met elke besoek geskenke soos opvoedkundige toerusting, speelgoed, kos of klere.

Zinette de Wet, hoof van die hoërskool, sê Eunice is baie trots op Ketso en meen sy is ’n puik opvoeder.

De Wet sê die dienskomitee het deur die jaar baie hard gewerk om die droom te verwesenlik.

Eunice-personeel saam met Katriena Ketso van Lesedi Daycare voor die nuwe klaskamer. Van links is Claire van der Merwe, 'n departementshoof by die laerskool, Lize-Mari Smit, hoërskoolonderwyser en hoof van die skool se dienskomitee, Cindy Harris, hoof van die laerskool, Ketso en Zinette de Wet, hoof van die hoërskool. Foto: Marita Herselman

Serena Donachie, gr. 11-leerling en voorsitter van die komitee, sê die projek het haar laat besef hoeveel in die lewe as vanselfsprekend aanvaar word.

“Dit is dalk nie vir ons so ’n groot ding nie, omdat ons elke dag gelukkig genoeg is om in ’n klaskamer in te stap. Nou het hulle ook ’n klaskamer wat sterk en stabiel is,” sê Serena.

Cindy Harris, hoof van die laerskool, sê dit is wonderlik om as ’n Eunice-familie aan die gemeenskap terug te gee en die ervaring saam met die meisies mee te maak.

“Om vir hulle te wys hoe iets baie klein so ’n groot verskil in die lewe van die wonderlike kinders kan maak.

Die kinders het geverfde prentjies vir die gaste uitgedeel en tussendeur op skopfietsies rondgery.

Katriena Ketso, onderwyser en eienaar van Lesedi Daycare in die JB Mafora-woonbuurt buite Bloemfontein, in die klaskamer wat voorheen gebruik is. Foto: Marita Herselman
Katriena Ketso in die beskeie klaskamer uit sinkplaat wat sy voorheen gebruik het. Foto: Marita Herselman
Zinette de Wet, hoof van die Eunice High School in Bloemfontein, en Katriena Ketso, onderwyser en eienaar van Lesedi Daycare in die JB Mafora-woonbuurt buite Bloemfontein, omhels mekaar. Foto: Marita Herselman
Katleho Goliath (6) gee 'n prentjie vir die voorsitter van die dienskomitee, Serena Donachie. Foto: Marita Herselman
Leerlinge en personeel aan die Eunice High School en die Eunice Primary School Donderdag by die kinders van Lesedi Daycare en hul onderwyser Katriena Ketso. Foto: Marita Herselman
By die nuwe klaskamer. Leerlinge en personeel van die Eunice High School en die Eunice Primary School Donderdag by die kinders van Lesedi Daycare en hul onderwyser Katriena Ketso. Foto: Marita Herselman

Meer oor:  Bloemfontein  |  Klaskamer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.