Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kinderhospitaal se laerskool werk voortreflik
Die ingang van die klaskamer by die Rooikruis-kinderhospitaal se laerskool. Prente word op die kennisgewingbord geplak om leerlinge bewus te maak van die pandemie en watter veiligheidsmaatreëls gevolg moet word. Foto: Michelle Shargey

Dit is nie ’n werk nie, dit is haar passie.

Michelle Shargey, hoof van die Rooikruis-kinderhospitaal Laerskool werk al 20 jaar lank om die lewens van die kinders wat in die hospitaal behandel word, te verbeter.

Debbie Schäfer, minister van die provinsiale onderwysdepartement (WKOD), het onlangs dié skool besoek om meer uit te vind oor die personeel en hoe hulle te werk gaan om te verseker dat die kinders se opvoeding te midde van die pandemie voortgaan.

Sy het dit as deel van Mandela-maand gedoen.

Shargey het gesê die leerlinge is pasiënte wat vir ’n bepaalde tyd by die hospitaal bly. Die gemiddelde tydperk is 41 dae.

“Dit is baie belangrik dat hulle op datum bly met hul skoolwerk. Ons hoofdoel is om die kinders te help,” het sy gesê.

Shargey is een van drie onderwysers wat daar werk. Sy is ook die hoof van die skool.

Daar is ’n klaskamer, maar hulle werk tans in die onderskeie sale omdat dit makliker is.

Hulle kan vir tot soveel as 400 kinders tussen die ouderdomme van vyf en 12 jaar skool gee en fokus op tale, wiskunde en lewensoriëntering.

Hulle kan vir tot soveel as 400 kinders tussen die ouderdomme van vyf en 12 jaar skool gee en fokus op tale, wiskunde en lewensoriëntering.

“Die kinders is baie rustiger hier en ons het die gerief om hulle mooi te leer. As ons iets tien keer moet herhaal, dan doen ons dit,” het sy gesê.

Oor die algemeen is die samewerking van die kinders se skole taamlik goed, maar daar is skole wat nie altyd hul volle samewerking gee nie, en ook nie al die ouers nie.

Skole word gevra om die leerwerk aan te stuur na die hospitaalskool en van daar neem Shargey en haar span oor.

Sy het gesê dit is juis ook belangrik dat die kinders weet dat hulle daar is om te help en te ondersteun.

Skole word gevra om die leerwerk aan te stuur na die hospitaalskool en van daar neem Shargey en haar span oor.

Ouers word ook aangemoedig om deel te wees van die proses.

“Ek sal enigiets doen vir die kinders,” het sy gesê.

Die departement het broodnodige skryfbehoeftes geskenk waarvoor Shargey baie dankbaar is.

“Die pandemie het die manier hoe ons leef heeltemal verander,” sê Shargey, maar vir hulle was streng veiligheidsmaatreëls altyd iets wat gevolg moet word juis omdat die kinders kwesbaar is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.