Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kinders geskors oor dagga-koekies by skool

Verskeie leerlinge van Nigel High School is geskors nadat koekies met vermoedelik dagga as ’n bestanddeel by die skool versprei is.

Die Gautengse onderwysdepartement het Vrydag gesê hulle is Dinsdag op Twitter daaroor ingelig, nadat vier gr. 8-leerlinge “ongewone gedrag wat heeltemal teenstrydig met normale optrede was” getoon het.

Die vier jongelinge het “erken” dat hulle “duiselig” voel, terwyl hul oë “rooi en groot” was.

Die departement het hierdie bevestiging getwiet nadat ’n ander Twitter-gebruiker, Teboho (@tebza_mrembola), die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, ingesluit het by ’n boodskap dat leerlinge betrap is toe hulle “space cookies” verkoop het.

Lesufi het gereageer deur sy kantoor opdrag te gee om die bewering te ondersoek.

Volgens die departement is ’n leerling wel in besit van die koekies gevind, maar het beweer dat ander leerlinge dit uitgedeel het.

Die betrokkenes is geskors hangende ’n formele dissiplinêre verhoor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.