Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kinders onder 5 is die toekoms van die land

“Dit gaan nie goed met ons kinders nie,” het ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator van die algemene sinode van die NG Kerk in sy kapasiteit as voorsitter van die moderamen, Sondag gesê.

Tydens sy preek by die Groote Kerk in Kaapstad se 10:00-diens Sondag het Janse van Rensburg die nie-winsgewende maatskappy Societas for ECD (Early Childhood Development) bekend gestel.

Die maatskappy is gestig met ’n donasie van R1 miljoen van dié gemeente wat verlede jaar 350 jaar oud was en die moeder van die NG kerk is. Die skenking is oorhandig aan ds. Leon Venter, voorsitter van Societas tydens die erediens in die Groote Kerk Sondag.

“Studente betoog op televisie maar die klein kinders onder vyf jaar oud bly onder die radar en word nie gesien nie,” het Venter tydens die diens gesê.

“Ekonome en teoloë is dit eens: Die enigste manier waarop Suid-Afrika kan verander is as daar op húlle gefokus word.” Hy het verduidelik dat 90% van ’n kind se brein ontwikkel totdat hy 5 jaar oud is.

Janse van Rensburg, ds. Leon Venter, en twee lidmate van die NG Kerk, Albert Geldenhuys en Deon Adriaanse, het Societas gestig met die oog daarop om vroeë kindontwikkelingsinisiatiewe deur die NG Kerk reg deur die land te ondersteun.

Met die R1 miljoen wil hulle ’n volhoubare kapitaalfonds van R150 miljoen ontwikkel en die opbrengste van die kapitaal gebruik om projekte te steun.

Een van die projekte wat gesteun sal word, is SmartStart, ’n nieregeringsorganisasie wat teen 2026 beoog om ’n miljoen Suid-Afrikaanse kinders tussen 3 en 4 jaar oud in speelgroepe te plaas.

“Vroeë kindontwikkeling is die enigste sleutel tot ’n toekoms waar almal gelyke geleenthede en toegang tot die ekonomie kan kry,” lui ’n persverklaring oor Societas.

Janse van Rensburg het in sy preek gesê dat dit in ’n onlangse gesprek tussen ekonome en teoloë uitgekom het dat daar van die NG Kerk verwag word om in te gryp by vroeë kindontwikkeling in Suid-Afrika.

Hy het gesê dat dit gepas is dat die R1 miljoen donasie waarmee die Societas-fonds gestig is van die Groote Kerk af kom.

“Die moedergemeente het ’n moederhart vir die kinders van Suid-Afrika”.

Lede van die Groote Kerk se raad oorhandig die skenking aan die stigters van Societas. Van links na regs is: Gerhard Swanepoel, Gert Esterhuyse, Deon Adriaanse, Chris Zietsman, Andries Louw, Albert Geldenhuys, ds. Nelis Janse van Rensburg, ds. Leon Venter en ds. Johan van Rooyen.Foto: Nadine Theron
Meer oor:  Kaapstad  |  Sinode  |  Ng Kerk  |  Kinders  |  Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.