Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Klag nadat 14-jarige glo by skool aangerand is

Die ma van ’n 14-jarige hoërskoolseun van Port Elizabeth het ’n klag van aanranding by die Gelvandale-polisiekantoor ingedien nadat haar seun glo gedurende skooltyd aangeval en geboelie is.

Die seun, wie se naam weerhou word, het sy bewussyn verloor en sy neus is in die voorval gebreek.

Die leerling wat hom na bewering aangeval het, is ’n 16-jarige klasmaat. Die twee is ook in dieselfde rugbyspan.

Die seun se ma sê na verneem word, het die voorval Dinsdag net ná tweede pouse gebeur.

Die leerlinge was op pad klas toe toe die aanvaller glo sy hande om jonger seun se nek gesit en hom begin wurg het. Van die leerlinge wat dit gesien het, het begin gil.

Toe die seun bewusteloos op die grond neerval, het sy aanvaller hom na ’n kraan gesleep en water oor hom gegooi om hom te probeer bybring.

Die seun is glo bewusteloos na die skoolhoof se kantoor toe gebring waar ’n onderwyser noodbehandeling toegepas het, sê sy ma.

Die ma sê haar seun huil sedert die aanval elke aand in sy slaap en hy is bang om terug skool toe te gaan.

“Die doktors het toetse laat doen. Ons moet Maandag teruggaan vir die uitslae. Hulle wag ook vir die swelling in sy gesig om te sak sodat hulle kan kyk of hulle sy gebreekte neus moet opereer.

“Wat met my kind by die skool gebeur het, was ’n groot skok. Ons seun se fisieke en emosionele welstand is nou ons eerste prioriteit.”

Mali Mtima, woordvoerder van die Oos-Kaapse onderwysdepartement, kon nie Vrydag vir kommentaar bereik word nie.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Meer oor:  Gelvandale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.