Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Klein groep stakers stig brand op KSUT-kampus
Die meerdoeligheidsaal is deur stakende studente aan die brand gesteek en verskeie stoele, tafels en ook sporttoerusting het skade opgedoen.Foto: Jaco Marais
Die polisie en forensiese dienste was Maandag op die toneel om vingerafdrukke te neem. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.Foto: Jaco Marais

’n Brand het Sondag rondom middernag by die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) uitgebreek nadat stoele en tafels vermoedelik deur ’n klein groepie stakende studente aan die brand gesteek is.

Lauren Kansley, ’n KSUT-woordvoerder, sê die brand het in die meerdoeligheidsaal, wat as eksamenlokaal gebruik sou word, uitgebreek. Daar word wel vermoed dat die brand gestig is as ’n poging om die eksamens wat Maandag sal voortduur, te ontwrig.

“Die skade aan die lokaal is nie groot nie en die studente sal na ’n ander lokaal op die kampus verwys word, waar die eksamen 09:00 sal voortduur. Ons wil dit duidelik maak dat enige poging om die eksamen te ontwrig, nie suksesvol sal wees nie,” sê sy.

Kansley sê die meerderheid studenteleiers en studente wil voortgaan met die eksamen en dus sal die universiteit hom nie laat afskrik deur die minderheid studente wat steeds ontwrigting wil veroorsaak nie.

Volgens ’n sekuriteitsbeampte is beamptes wat tydens die voorval op die kampus was, met klippe bestook. Een is teen die kop getref. Hy is op die toneel behandel en is nie na ’n hospitaal geneem nie.

Geen verdere beserings is aangemeld nie.

Die eksamens by alle KSUT-kampusse sal Maandag voortgaan en private sekerheidsdienste en die polisie is teenwoordig om die situasie te monitor.

Die polisie en forensiese kenners was Maandagoggend op die toneel om verdere ondersoek in te stel na die brand. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Ksut
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.