Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kommer nadat 3 leerlinge in 1 week by skool gesteek is

Die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) gaan met belanghebbendes in Mosselbaai vergader oor veiligheid nadat drie leerlinge in een week met skerp voorwerpe gesteek is.

Bronagh Hammond, WKOD-woordvoerder, het Saterdag bevestig dat daar twee voorvalle in die afgelope week was waar leerlinge op die terrein van ’n hoërskool in die kusdorp aangeval is.

“Donderdagmiddag was daar ’n geveg tussen ’n groep leerlinge op die skoolterrein. Hulle het verskeie wapens in hul besit gehad en twee leerlinge in gr. 9 en gr. 10 is gesteek. Die vorige dag is nog ’n leerling by die skool gesteek.”

Volgens Hammond het amptenare van die WKOD Donderdagoggend die skool besoek om te bepaal watter ingrypings nodig is “omdat bendebedrywighede in die gemeenskap ’n baie negatiewe en gevaarlike uitwerking op die skoolomgewing het”.

Die tweede voorval het later die dag ná die besoek plaasgevind.

“Die distrik reël ’n vergadering met belanghebbendes in die gemeenskap, die skoolbestuur, polisie en ouers om dié uiters kommerwekkende voorvalle te bespreek.”

Meer oor:  Mosselbaai  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.