Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kommer oor leerlinge in townships wat kan agter raak

Leerlinge in die townships trek weer aan die kortste ent wat betref onderwys omdat hulle nie WiFi-internettoegang of genoeg data het nie, sê die Progressive Principals Association (PPA).

Die vereniging bestaan uit sowat 200 skoolhoofde in die Wes-Kaap wat skoolhoofde en leerlinge in minder bevoorregte gebiede ondersteun.

Faiek Abrahams sê terwyl daar baie opvoedkundige skoolmateriaal en oefeninge aanlyn beskikbaar is vir skoolkinders, kan leerlinge in townships dit nie maklik bekom nie, omdat hulle nie toegang het nie.

“Sommige skole het die ekstra myl gegaan en skoolwerk-pakkies vir van die leerlinge voorberei en gedruk, maar sonder data, WiFi en handboeke gaan dit ’n opdraandestryd wees vir leerlinge in die townships,” sê Abrahams.

Voedingskemas by Kaapse skole.Foto: Verskaf

Die PPA is van plan om ’n reuseprojek aan te bied om leerlinge te help wanneer skole heropen. Dit sluit in;

* Langer normale skooldae, waar nodig;

* Bykomende klasse op Saterdae; en

* Om die media soos koerante en TV-kanale te betrek om ’n rol te speel

Die PPA het ’n beroep gedoen op maatskappye, die sakesektor en die breër gemeenskap om finansieel by te dra om skole te help om die bykomende klasse te bestuur en om die leerlinge van kos te voorsien waar ’n verlengde skooldag ingestel word.

Kinders sit en wag vir hul kos terwyl hulle ’n veilige afstand van mekaar af hou. Foto: Verskaf

Volgens Abrahams benodig hulle dringende maskers en handreinigers vir skole wat moet oopmaak om leerlinge in die inperkingstydperk te voed.

Intussen het die onderwysvakbond Sadtu in die Wes-Kaap gesê dat hy is bekommerd omdat leerlinge in die werkersklas en hul gesinne nie kos het in die inperkingstydperk nie.

Hulle is bekommerd dat die Wes-Kaapse regering se plan om leerlinge by skole te voed, die lewe van kwesbare werkersklas-leerlinge in gevaar gestel het.

“Ons glo dat die program die president se pogings om die verspreiding van Covid-19 te beperk, ondermyn en dat dit onherstelbare skade kan veroorsaak aan die pogings om die verspreiding van die koronavirus te stuit.”

Die vakbond sê hy is nie geken in die besluit van die Wes-Kaapse onderwysdepartement om skole te open vir die voedingsprogram nie.

“Die plan is die afgelope naweek aan skole gekommunikeer en die vakbonde is Maandag ingelig. Die vakbond verwelkom pogings om kos aan leerlinge te verskaf, maar is bekommerd dat dit teenstrydig is met die nasionale rampregulasies.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, sê hulle het streng instruksies aan skole gegee om sosiale distansiëring en ander veiligheidsmaatreëls streng na te kom om die leerlinge veilig te hou.

Meer oor:  Inperking  |  Opvoeding  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.