Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Kommer oor personeel, maar skole is veilig’

Die departement van gesondheid is bekommerd oor onderwysers wat vandag terugkeer na skole, maar het ’n waarskuwing aan onderwysers gerig om nié van skole te dros weens die nuwe Covid-19-variant nie.

Inteendeel, die departement dink skole is die veiligste plek vir onderwysers om tydens die tweede vlaag te wees.

“Almal moet dit hul besigheid maak om die maatreëls na te kom. Onderwysers het meer doodgegaan omdat hulle begrafnisse bywoon as wat hulle die virus in die skole opgedoen het,” sê Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van onderwys.

Hy meen onderwysers sal veilig by skole wees omdat hulle konstant gemonitor word en aan maatreëls moet voldoen.

“Die nakoming van maatreëls by skole is nie onderhandelbaar nie teenoor sosiale geleenthede of begrafnisse wat bygewoon word waar daar nie aan regulasies voldoen word nie.”

PRETORIA, SOUTH AFRICA - JANUARY 15: Deputy Minist
Reginah Mhaule, adjunkminister van basiese onderwys, op 15 Januarie toe sy aangekondig het leerlinge sal op 15 Februarie teruggaan skool toe. Foto: Gallo Images

Die departement van onderwys het Sondag in ’n verklaring onderwysers gemaan om seker te maak hulle meld vandag by skole aan wanneer die skooljaar begin.

“Die departement van basiese onderwys en die provinsiale departemente van onderwys is baie bekommerd oor die veiligheid van sy werkers weens die toename van Covid-19-gevalle,” lui die verklaring.

Net daarna word onderwysers in die verklaring egter gemaan om seker te maak hulle dros nie omdat hulle hul werk kan verloor.

“Met die skooljaar wat aangepas is, verwag die departement dat onderwysers en ondersteuningspersoneel by die werk opdaag. Onderwysers of ondersteuningspersoneel wat nié by die werk opdaag nie, of nie ’n geldige verskoning het nie, sal dissiplinêr verhoor word.”

Die departement van gesondheid het vroeër hierdie maand bekend gemaak dat hulle die begin van die skooljaar vir onderwysers en leerlinge sal uitstel.

Die bestuurspersoneellede begin vandag, waarna die res van die onderwysers op 1 Februarie sal terugkeer.

Die leerlinge sal eers op 15 Februarie terugkeer.

Die departement het ook ’n beroep op onderwysers en leerlinge gedoen om seker te maak hulle voldoen steeds aan Covid-19-maatreëls.

Mhlanga het bevestig dat onderwysers en leerlinge weer maskers sal ontvang.

Meer oor:  Elijah Mhlanga  |  Koronavirus  |  Virus  |  Onderwysers  |  Vlak 3  |  Kommer  |  Skole  |  Personeel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.