Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kommer oor probleme by Oos-Kaapse skole

Lede van die Oos-Kaapse wetgewer keer Vrydag terug na Bhisho met sakkevol onderwysprobleme wat gou ter tafel gelê moet word.

In Nelson Mandelabaai het ’n afvaardiging van die wetgewer die Primêre Skool Bayview in die bendegeteisterde Helenvale, asook ander skole in die gebied besoek as deel van hul jaarlikse program om skoolgereedheid in die provinsie vas te stel.

Velisile Bukula, ’n woordvoerder in die wetgewer, sê die portefeuljekomitee oor onderwys is erg bekommerd oor die lang lys probleme wat nog in skole ondervind word.

Busisiwe Ndlangisa-Makaula.

Dié probleme sluit in die misbruik van siekteverlof deur onderwysers, wanfunksionele skoolbeheerliggame, bendegeweld in skole, ’n tekort aan klaskamers, vakante poste en boeke en leermateriaal wat nie betyds afgelewer is nie.

Phumelele Ndamase, ’n lid van die komitee, het veral die laat aflewering gekritiseer.

Volgens George Lukwe, hoofonderwysspesialis in die provinsie, lê die haakplek met die aflewering by die verspreiders.

Hy sê Mandla Makupula, LUR vir onderwys, het onderneem om Maandag die pakhuis te besoek om vuur onder die verspreiders te maak.

Busisiwe Ndlangisa-Makaula, voorsitter van die komitee wat Nelson Mandelabaai besoek het, het belowe sy sal Weziwe Tikana, LUR vir veiligheid, vra oor polisiepatrollies by skole waar bendegeweld en dwelms pla.

By Bayview is die heining stukkend en loop bendes byna daagliks deur die skool. By die Helenvale Primary in Kobusweg is skote nog vandeesweek in pouse voor die skoolhek geskiet.

Sy sê al dié uitdagings beïnvloed die matriekslaagsyfer.

“As die departement van onderwys al hierdie probleme kan oplos, sal ons nie meer jaar in en jaar uit die laaste plek beklee nie,” sê Ndlangisa-Makaula. “Onderwys is ’n gesamentlike verantwoordelikheid.”

Die komitee het onderneem om binnekort die lys van uitdagings na die wetgewer te neem waar oplossings bespreek sal word.

’n Tweede besoek word in Junie aan die skole gebring om vas te stel of hul lot al verander het.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Skole  |  Kommer  |  Probleme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.