Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kommer oor uitbreking by O-Kaapse skool

Groot kommer heers nadat ’n ernstige uitbreking van die koronavirus by ’n Oos-Kaapse skool aangeteken is.

Die getal leerlinge by die Ethembeni High School wat positief vir die virus getoets is, het Maandag tot 102 gestyg.

’n Span bestaande uit amptenare van die departemente van gesondheid, openbare werke en die onderwysdepartement is Maandag na Burgersdorp gestuur.

Daar is reeds met ’n toets-en-opsporingsveldtog begin om te keer dat die leerlinge wat positief getoets is die virus verder na hul onderwysers, vriende en familielede versprei.

Die provinsiale gesondheidsdepartement het 685 mense, onder wie leerlinge en onderwysers, laat toets. Van die leerlinge is 552 in kwarantyn, terwyl meer as 60 mense se toetsuitslae nog uitstaande is.

Die massa-uitbreking beteken dat die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit die hoogste infeksiekoers in die provinsie het.

Dit kom te midde van die leerlinge se toetsreeks, maar die multi-departementele span het bevind die leerlinge is medies geskik om met hul toetse voort te gaan.

Luidens ’n verklaring van die munisipaliteit gaan al die gr. 12-leerlinge apart in kwarantyn gehou word om te verseker dat hulle met die toetsreeks kan voortgaan.

Kwarantyngeriewe is ook in Steynsburg beskikbaar gestel vir matrikulante wat negatief getoets is omdat hulle in die inkubasieperiode kan wees.

Die munisipaliteit sê die uitbreking kan ernstige gevolge inhou vir inwoners van Burgersdorp en omstreke en vrees dat dit verder in die gemeenskap kan versprei.

Die gesondheidsdepartement het bevind dat mense se gedrag – mense wat nie hul maskers dra of hul hande was nie en nie ’n gesonde afstand handhaaf nie – die grootste oorsaak van die probleem is.

Inwoners word dus aangeraai om ag te slaan op dié regulasies en om ook nie onnodig aan sosiale byeenkomste deel te neem nie.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Onderwys  |  Skole  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.