Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kontaksport, kultuur-aktiwiteite kan by skole hervat
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. Foto: Elizabeth Sejake

Kontaksport en kultuuraktiwiteite by skole kan vandeesweek hervat word, mits geen toeskouers dié geleenthede bywoon nie.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Sondag die nuwe regulasies vir skole in die Staatskoerant gepubliseer.

Ingevolge die regulasies mag oefeninge en wedstryde vir niekontaksport en kontaksport hervat. Leerlinge mag ook na ander skole en provinsies vir wedstryde reis, mits die regulasies vir vervoer gevolg word.

Kultuuraktiwiteite mag ook weer plaasvind, sowel as mondelinge spelkompetisies, redenaars en debat. Dit sluit kooroefeninge en -kompetisies in, mits die koorlede ’n gesonde afstand handhaaf.

Die getal persone in ’n venue mag nie 50% van die venue se kapasiteit oorskry nie, met ’n maksimum van 100 mense wat by aktiwiteite toegelaat word wat in die buitelug plaasvind. ’n Maksimum van 50 mense word by binnenshuise aktiwiteite toegelaat. Dit sluit deelnemers en beamptes in. Gesigmaskers moet die heeltyd gedra word behalwe deur leerlinge wat oefen of deelneem.

Die regulasies bevestig ook dat die rotasiegrondslag vir laerskoolleerlinge eindig en al dié leerlinge moet Maandag na skole terugkeer. Dit geld ook skole vir leerlinge met spesiale behoeftes. Die gesonde afstand wat in laerskole gehandhaaf moet word, is ’n meter.

’n Konsepdokument van vroeër die week het gelui dat selfs skole wat nie hul leerlinge minstens ’n meter van mekaar kan hou nie, steeds volstoom moet oopmaak, mits klasse nie oorvol is nie en daar genoeg ventilasie is. Dit is egter nie in Sondag se regulasies vervat nie.

Skole wat weens veiligheidsredes nié al hul leerlinge kan laat terugkeer nie, moet teen 6 Augustus die hoof van die provinsiale departement skriftelik daarvan in kennis stel. Die departement moet toestemming gee dat die skool op ’n rotasiegrondslag kan voortgaan. Die skool moet ook redes verskaf hoekom die rotasiegrondslag steeds gevolg moet word, asook aan die departement verduidelik watter stappe gedoen kan word om na ’n normale skoolrooster terug te keer.

Die provinsiale LUR’e vir onderwys moet op hul beurt so gou as moontlik aan Motshekga verslag doen oor die skole wat nog nie na ’n normale rooster kan terugkeer nie, sowel as die redes daarvoor. Die verslag moet van ’n plan vergesel word van wanneer dit sal kan gebeur. Vorderingsverslae oor die kwessie moet elke twee weke by die onderwysdepartement ingedien word.

Meer oor:  Angie Motshekga  |  Skole  |  Kultuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.