Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Koop stukkie gras om skool se droom waar te maak

Die hoof van ’n skool in Vredenburg aan die Weskus, wat ondanks gebrekkige geriewe al ’n Springbok-rugbyspeler opgelewer het, het met ’n blink plan vorendag gekom om hul droom van ’n grasgroen sportterrein te verwesenlik.

Elvin Vraagom, hoof van die Hoërskool Weston, sê die sportterrein is onlangs skoongemaak met geld wat die skool self daarvoor begroot het.

Die skool het toe ’n kwotasie gekry om gras op die veld aan te plant, maar hulle het nie die nodige geld nie. Die sportterrein het oor die jare heen vervalle geraak onder meer weens ’n gebrek aan geld.

Die Hoërskool Weston se kenteken.

“Ek het ’n bietjie gepraat met mense soos my broer, Vernon, wat in 1984 die skool se hoofseun was,” vertel hy. “Ons wou nie handouts hê nie, maar wou self ’n plan maak om die geld vir die gras in die hande te kry.”

Dit is hoe hulle op die idee gekom het om ’n aanlyn geldinsameling te hou. Elke oudleerling, onderwyser, ouer en oudskoolhoof word uitgedaag om gras vir minstens 1 m² vir die skool te borg.

Die skool bestaan reeds sedert 1977 en elke matriekgroep sedert 1980 word uitgedaag om vir gras vir minstens 200 m² pa te staan. Die uiteindelike teiken is om R1 miljoen in te samel.

Die gras kan teen R74 per 1 m² geborg word.

“Die reaksie was oorweldigend, veral van oudleerlinge,” sê Vraagom.

Die geldinsameling duur Vrydag van 15:00 tot 21:00 en Saterdag van 09:00 tot 12:00.

Vraagom sê in die verlede het leerlinge die munisipale sportgeriewe gebruik. Die skool het al sterre soos die Springbok-rugbyspeler Ricky Januarie, die Blitsbok Rayno Benjamin en die Banyana Banyana-speler Leandra Smeda opgelewer.

Rugby is natuurlik baie gewild, maar die skool bied ook sportsoorte aan soos netbal en krieket (laasgenoemde vir sowel seuns as dogters), sê Vraagom.

Vir meer inligting besoek dié Facebookblad.

Meer oor:  Vredenburg  |  Weskus  |  Geldinsameling  |  Koop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.