Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Koor van NMU vier 25 j. van saamsing

Die koor van die Nelson Mandela-Universiteit (NMU) vier vanjaar 25 jaar van saamsing en het al oor die wêreld heen opgetree.

Die dirigent, Junita Lamprecht-van Dijk, het die koor in 1994 gestig. Sy is steeds aan die stuur van sake.

Lamprecht-van Dijk sê in die vroeë jare het hulle talle uitdagings gehad omdat van die koorlede wêrelde verwyder van mekaar was, maar dit was ook ’n wonderlike geleentheid om verskillende musiekkulture aan mekaar voor te stel.

“Op ’n manier was ons koor ’n suksesvolle mikrokosmos van Suid-Afrika. Ek het my tesis oor die koor gedoen waar ek dieper delf in dié tema.”

Sy vertel soos mense mekaar begin aanvaar het, het die gapings al hoe kleiner geword.

Die dirigent se hoofdoel met die koor was uit die staanspoor om sy lede te bemagtig en om sy talentvolle lede te laat uitblink.

Twee sulke uitblinkers is Sivuyile Mazizi en Siba Ngewu. Mazizi komponeer sy eie musiek en Ngewu is verantwoordelik vir die choreografie.

Sidumo Nyamezele het ook groot musikale hoogtes bereik. Van 1996 tot 2002 was hy die koor se tradisionele sangleier.

Lamprecht-van Dijk het hom alles geleer van dirigent-wees en hy gee nou klas aan die St. John’s College in Johannesburg.

Deesdae is Nyamazele ook die dirigent van die bekroonde Mzanzi-jeugkoor in Johannesburg.

“Die sukses van ’n koor kan grootliks toegeskryf word aan die toegewydheid en die entoesiasme van sy sangers, om op so manier op te tree dat dit ’n impak het op die mense wat na hulle luister,” sê Lamprecht-van Dijk.

Van die hoogtepunte die afgelope 25 jaar:

  • 1994 tot 2000: Tree op voor koningin Elizabeth II en oudpres. Nelson Mandela. In 1996 neem die koor aan sy eerste oorsese kompetisie deel, by die International Festival of University Choirs (Ficu) in Valencia, Spanje.
  • 2000 tot 2007: Die koor maak sy debuut in ’n film oor Robbeneiland, gegrond op die lewe van Nelson Mandela. Hulle tree ook op by ’n tweede Ficu-geleentheid en die Voices International Choral Festival in Noorweë.
  • 2007 tot 2010: Die koor toer na Amerika vir die bekendstelling van Windy City Songs and Magnificat in die Lyric-teater in Chicago.

Hulle is ook genooi na die La Fabricca del Canto-koorfees in Italië, en het op die Italiaanse mediabekendstelling van die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi in Milaan gesing.

In Spittal an der Drau, in Oostenryk, (2009) het die koor sy eerste internasionale koorkompetisie gewen.

  • 2011 tot 2012: Twee suksesvolle toere na Argentinië en China (Beijing).

’n Flash mob wat die koor in die Greenacres-inkopiesentrum in Port Elizabeth uitgevoer het, het wêreldwyd soos ’n veldbrand op sosiale media versprei, en het nasionale en internasionale toekennings ingeryg.

  • 2014 tot 2015: Die koor word weer genooi na China (Shanghai en Nanjing). Hulle was die enigste koor uit Afrika wat genooi is om op die Choral Expo op China se Macau-eiland te sing.
  • 2016 tot 2019: Die koor word genooi na Amerika en Kanada, maar die uitnodiging kom tydens die begin van die #FeesMustFall-beweging in Suid-Afrika, en hulle kon nie gaan nie.

Vanjaar het die koor sy talent gewys op die Varsity Sing’s-eindronde op kykNET.

Die koor vier sy suksesse op 8 en 9 November in die ouditorium op die NMU se suidkampus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.