Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kovsies wen stryd vir Engels as onderrigtaal
Die Universiteit van die Vrystaat. Foto: André Damons

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Donderdag die groen lig in die appèlhof in Bloemfontein gekry om voort te gaan om in 2017 sy omstrede nuwe taalbeleid met Engels as primêre taal van onderrig te begin toepas.

Die UV se appèl teen ’n uitspraak in die Vrystaatse hooggeregshof – wat hom verbied om voor die afhandeling van appèlprosesse die taalbeleid te begin toepas – het geslaag.

AfriForum en Solidariteit, wat met die UV in hofsake oor sy taalbeleid betrokke is, moet ook die regskoste van die nuutste appèl betaal, is Donderdag beveel.

Luidens die UV se nuwe taalbeleid, wat vroeër vanjaar deur sy senaat goedgekeur en deur sy raad aanvaar is, word Afrikaans as taal van onderrig uitgefaseer.

Die UV beoog om die nuwe taalbeleid van 2017 af eers net in die fakulteite van regte, medies en geesteswetenskappe in te stel.

Luidens die UV se syfers sal dit sowat 386 voornemende studente in dié drie fakulteite raak.

Van 2018 af sal die nuwe taalbeleid vir eerstejaars in al die fakulteite, behalwe teologie en opvoedkunde, geld.

Afrikaanse studente wat hul studies onder die vorige taalbeleid van dubbelmediumonderrig begin het, sal steeds hul studies in Afrikaans kan voltooi.

Studente in die fakulteite teologie en opvoedkunde sal steeds ’n keuse oor die taal van onderrig hê.

Studente in die fakulteite teologie en opvoedkunde sal steeds ’n keuse oor die taal van onderrig hê.

* Die nuutste appèl volg nadat die hooggeregshof in September vanjaar beveel het dat die UV nie die nuwe taalbeleid in werking mag stel voordat die appèlprosesse daaroor nie afgehandel is nie.

Die hoofappèl waarin die UV appelleer teen ’n bevinding van ’n volbank van regters van die hooggeregshof – dat die besluit van die raad dat die nuwe taalbeleid aanvaar word, onwettig is – sal waarskynlik in Februarie of Maart 2017 in die appèlhof aangehoor word.

AfriForum en Solidariteit staan ook dié appèl teen.

Adv. Jeremy Gauntlett, SC, bygestaan deur adv. Frank Pelser, het in opdrag van Jacyn Mitch­ley en Lucian Companie van Phatshoane Henney-prokureurs vir die UV opgetree.

Adv. Johan Du Toit, SC, bygestaan deur advv. Greta Engelbrecht en Jeremy Merabe, het in opdrag van Werner Human van Hurter en Spies-prokureurs vir AfriForum en Solidariteit opgetree. Jan Maree van Schoeman Maree-prokureurs is sy korrespondent in Bloemfontein.

Meer oor:  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.